Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Alles Malan volstoom aan die gang in die Paarl

Die KykNET-televisiereeks wat die volgende paar maande in Paarl en Wellington verfilm word, is tans in volle gang.

Van Suid-Afrika se bekendste akteurs gaan die volgende paar maande vir die verfilming van Alles Malan in die omgewing gesien word.

Marius Weyers, Elsabe Daneel en Ivan Zimmerman is maar net ’n paar van die bekendes wat die strate van die Paarl en Wellington met die verfilming van die kykNET-drama sal invaar.

Alles Malan handel oor die Malan-familie, wat al vyf geslagte in Paarl woon, en die hedendaag­se daaglikse drama en verwikkelinge in hul lewe.

Die Malan-gesin woon aan die hang van Paarlberg en die kinders gaan skool aan Hugenote Hoërskool.

Grootoupa Peet word vertolk deur Marius Weyers, Oupa Derik deur Albert Pretorius en Ouma Brenda deur Elsabe Daneel. Pa Frik is Ivan Zimmerman en sy vrou, Tessa, is Nadia Valvekens. Hul dogter is Elani, vertolk deur Greteli Fincham (’n leerder aan Hoërskool Stellenbosch), hul seun Freek word vertolk deur Matheo Olivier (leerder aan Hoërskool Laborie) en hul vriend Johan deur Brent Vermeulen (Hoërskool Gimnasium Paarl). Nico Malan word vertolk deur Sean Marco Vorster en sy verloofde, Lee-Anne, deur Nicole Fortuin. Ander bekendes sluit in Tim Theron, Helene Truter, Mila Guy, Lee Ann van Rooi en Kay Smith.

Alles Malan sal middel 2019 op kykNET uitgesaai word. Hou Paarl Post dop vir alle toekomstige Alles Malan-nuus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.