Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ambulanse en paramedici in twee voorvalle aangeval

’n Verdagte (32 jaar oud) het Maandag 3 September in die Paarl-landdroshof verskyn nadat ’n ambulans beskadig is.

Die voorval het Saterdag 1 September kort ná 23:11 by Paarl-hospitaal gebeur toe twee ambulanspersoneellede ’n pasiënt na die hospitaal geneem het.

Volgens kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van Paarl-polisie, het die verdagte, Kemiso Matiba, met hul aankoms by die ongevalleafdeling daarop aangedring dat die ambulanspersoneel hom huis toe moet neem.

“Die ambulanspersoneel het aan die man verduidelik volgens die reëls mag hulle hom nie huis toe neem nie en bygevoeg daar is ander noodgevalle waaraan hulle ook moet aandag gee,” het Du Plessis gesê.

Daarna het die paramedici na die ambulans teruggekeer om die pasiënt uit te laai en na die ongevalleafdeling te neem.

Volgens Du Plessis was die ontstoke verdagte kort op hul hakke. “Die paramedici het egter hul plig gedoen en die pasiënt die hospitaal in geneem. Hulle het ’n harde slag gehoor,” vertel Du Plessis.

Toe hulle weer na buite gaan, ontdek hulle die voorruit van die ambulans is beskadig.

Volgens die ambulanspersoneel wat om professionele redes anoniem wil bly, het hulle die verdagte op heterdaad betrap waar hy twee groot klippe vasgehou het.

Dit is ook tóé dat Mbekweni-polisiebeamptes met ’n vangwa op pad na die hospitaal was.

“Toevallig het ’n polisievoertuig daar aangekom en die verdagte het te voet gevlug. Die beamptes is in kennis gestel van sy vandalisme en hulle het hom naby die hospitaal vasgetrek,” het Du Plessis gesê.

“Matiba het 3 September in die Paarl-landdroshof verskyn op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging.”

Die saak is uitgestel en die verdagte is steeds in aanhouding met die moontlikheid om op borgtog van R300 vrygelaat te word. Hy verskyn weer 11 September in die hof.

. Op 25 Augustus is paramedici op die hoek van Bartholomeusstraat en Jan van Riebeeckrylaan, naby die Dal Josafat-verkeersdepartement kort ná 21:15 aangeval toe hulle op pad was in die rigting van Wellington.

“ ’n Onbekende persoon het ’n klip na die ambulans gegooi wat die ruit en enjinkap beskadig het. Niemand is in die voorval beseer nie. Die skade in al twee die voorvalle beloop byna R22 000. Die publiek word gewaarsku om nie ambulanspersoneel aan te val nie,” het Du Plessis gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.