Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Baantjies vir boeties in DM moet ondersoek word’

Ná die onlangse bewerings van nepotisme by Drakenstein-munisipaliteit is gevra dat ’n ondersoek na die saak van stapel gestuur word.

Die burgemeester, Conrad Poole, het Paarl Post op verlede week se raadsvergadering in sy openingstoespraak hieroor beskuldig dat die koerant onwaarhede geplaas het.

Poole het ook versoek dat ondersoek ingestel moet word na dié sogenaamde bewerings van nepotisme.

Paarl Post het onlangs berig dat van Poole se familielede by die Drakenstein-munisipaliteit in diens geneem is.

Die opposisieparty, by monde van die ANC-raadslid Moutie Richards, het gevra dat die ondersoek deur ’n onafhanklike party hanteer word.

Richards het ook verwys na die gesegde “waar daar ’n rokie trek, is daar ’n vuurtjie”.

Poole het in antwoord hierop gesê hy stem saam dat ’n onafhanklike party die bewerings moet ondersoek.

Hy het bygevoeg dit sal dan wel “uitkom” wie se familielede werk nou eintlik vir die munisipaliteit.

Lede van die ANC-kantoor in die Paarl het kort voordat die raadsvergadering begin het, voor die munisipale gebou vreedsaam met plakkate oor nepotisme by die raad betoog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.