Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Baba (9 maande) doodgeskok

Dit was ’n bitter pil om te sluk vir die gemeenskap van Lanquedoc nadat ’n babatjie van net nege maande verlede week hiér doodgeskok is.

Klein Anderson Pietersen is volgens sersant Anthea Bruiners, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, Woensdag 25 September omstreeks 09:00 dood.

Volgens inligting het die baba die nag tussen sy ouers gelê en slaap. Anderson het wakker geword sonder dat sy ouers dit agtergekom het.

Bruiners het gesê hierna het die baba na ’n muurprop gekruip en aan ’n oop lewendige draad gevat waarna hy doodgeskok is. Toe die ouers wakker word, het hulle op Anderson afgekom en die nooddienste onmiddellik ontbied.

Die baba se ouma, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het aan Paarl Post gesê sy weet nie wat gebeur het nie. Sy het net bygevoeg dat die seuntjie ’n driejarige sussie het en dat die familie na hom gaan verlang.

Die polisie sê geen misdaad word vermoed nie en ’n geregtelike nadoodse ondersoek word gedoen. • A 9-month-old baby died on Wednesday 25 September in Lanquedoc after being electrocuted. The baby boy apparently touched an open live electrical cable while his parents were asleep. The police do not suspect any foul play.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.