Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Babalykie in Wellington gevind

’n Babalykie is Maandag 2 Sep­tember in die Bergrivier naby die stortingsterrein in Wellington gevind.

“Dit was ’n tragiese toneel toe ’n gemeenskapslid die baba se lyk aan ’n tak gesien het toe dit in die rivier af ge­spoel het,” het ’n polisie­woord­voerder gesê. Die ont­dek­king is omstreeks 17:00 gemaak. Kapt. Basil Seekoei, Wellington-polisie­woordvoerder, sê die baba is nog nie geïdentifiseer nie en kon van enige gebied gekom het. Hy sê wel hulle skat dat die baba sowat een jaar oud is. Seekoei sê ’n lykskouing sal nog gehou word om die oorsaak van dood te bevestig.

Verder sê hy dat min inlig­ting in dié stadium bekend is omdat die baba nog nie geïdentifiseer is nie.

“ ’n Geregtelike doods­ondersoek word ingestel,” het Seekoei gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.