Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bakkie ry van pad af ‘ná lekker kuier’

Inwoners van Paarl se Hoofstraat word steeds snags erg versteur met die klank van skreeuende rubber op teer en dies meer.

En verlede week het ’n huiseienaar in Kampstraat erge skade opgedoen toe die eienaar van ’n motor byna dwarsdeur sy woning gejaag het. Dié voorval het omstreeks 23:00 plaasgevind.

Kort voordat inwoners van Kamp- en Seringstraat die geweldige slag gehoor het, het hulle enkele minute tevore gehoor hoe ’n motor in die Hoofstraat eers brul en toe teen ’n “stink spoed” wegtrek en by Kampstraat in “spin”.

Met dié het ’n Land Cruiser-bakkie ’n deel van ’n huis se motorhuismuur platgery.

Maar nog voordat die huiseienaar op die toneel gekom het, het die bestuurder van die bakkie uitgeklim en te voet gevlug. Hy is nie weer gesien nie.

Inwoners sê nou dit is net ’n kwessie van tyd totdat ’n nog meer ernstige voorval hiér gaan gebeur weens die laataand gekuiery by eet- en drinkplekke daar naby in Hoofstraat.

’n Inwoner wat onbekend wil bly, het gesê die gejaag van motors hiér in die Hoofstraat is veral naweke ondraaglik.

“Dit is tipies. Dit begin eers met wiele wat gespin word en dan trek motors teen ’n baie hoë spoed hier weg.”

Kapt. Louise du Plessis, ’n Woordvoerder van die Paarl-polisie, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van roekelose bestuur nadat ’n Toyota Land Cruiser in ’n woning se muur vasgejaag het.

“Die bestuurder het ná die botsing van die toneel af gevlug.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.