Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Behuisingsprojek nou grafstil

Die destyds beplande Nieuwedrift-plaas­werkersbehuisingsprojek is weer in die kollig nadat die Drakenstein-munisipaliteit onlangs aangekondig het dat dié perseel nou eerder as ’n begraafplaas gebruik gaan word.

Meer as 10 jaar gelede is beplan om minstens 300 huise vir plaaswerkers in Drakenstein te bou en een van die terreine wat hiervoor geoormerk was, is ’n stuk grond in die Nieuwedrift-omgewing in Paarl-Noord.

Gert Combrink, onderburgemeester van Drakenstein, het gesê die hoofrede waarom die gesubsidieerde behuisings­projek by Nieuwedrift nie oorweeg kan word nie is die gebrek aan vol­doen­de ondersteuning van die provin­siale departement van menslike nedersettings om die projek te finansier, asook ’n gebrek aan beskikbaarheid van grootskaalse dienste in die Nieuwedrift-omgewing om só ’n behuisingsont­wikkeling te kan ondersteun.

“Aangesien daar nie in die nabye toekoms ’n behuisingsontwikkeling in die vooruitsig gestel word nie, het Drakenstein-munisipaliteit dit verstan­dig gevind om die terrein vir ’n begraafplaas te oorweeg.

’n Finale besluit sal egter eers geneem word nadat die nodige uitvoerbaarheids­beoordelings hieromtrent gedoen is,” het Combrink gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.