Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaarde lewe in vrees ná hy beroof en gedreig is

’n Bejaarde man (70) in Wellington vrees vir sy lewe nadat hy met die dood gedreig is.

Die voorval het Woensdag 5 September kort ná 17:30 in Wamkelekilestraat, Mbekweni, plaasgevind toe die slagoffer sy werker afgelaai het.

Volgens die bejaarde man, wat om veiligheidsredes anoniem wil bly, het hy stilgehou om agter in sy bakkie sakke vir die werker uit te haal.

Die geskokte man vertel: “Dit is toe dat ses mans na die bakkie loop en my omsingel. Een van die mans het ’n lang skerp lem uitgehaal en my daarmee gedreig. Ek het dit reggekry om in die bestuurskant van die bakkie in te spring, maar kon nie gou genoeg die knoppie druk om die bakkie te sluit nie.”

Die mans het daarin geslaag om die deur oop te ruk en die bejaarde man te gryp.

“Die een verdagte het die skerp lem voor my keel gehou en my gedreig om my keel te sny. Daarna het hulle my deursoek en my beursie en horlosie gevat. Die mans het hardop gelag en reguit in die rigting van die vulstasie geloop.”

Dit is tóé dat die slagoffer weer uit sy bakkie gespring het en op die rowers geskree het om sy identiteitskaart en bankkaart terug te gee. Niemand is nog vir die voorval in hegtenis geneem nie. Persone met inligting, kan 021 868 9900 bel.

. Op dieselfde dag is nog ’n slagoffer, hierdie keer ’n skoolkind wat op pad skool toe was, met ’n vuurwapen in Suikerbossiestraat, Paarl-Oos, gedreig.

Volgens kapt. Diana Linee, polisiewoordvoerder van Paarl-Oos, het die verdagte die slagoffer genader en geld gevra.

“Die verdagte het haar deursoek, op soek na geld.”

Nog leerders wat op pad was om skool toe te loop, het die voorval gesien en die slagoffer met klippe begin bestook. Dit is tóé dat die slagoffer die geleentheid gekry het om weg te hardloop. Niemand is vir die voorval in hegtenis geneem nie.

.
In ’n derde voorval ook 5 September kort ná 20:30 is daar by ’n winkel in Symphonylaan ingebreek.

“Die verdagte het by die winkel ingebreek en glo goedere ter waarde van R30 000 gesteel en daarmee gevlug. Dit is steeds onduidelik hoe die verdagte toegang tot die winkel gekry het,” het kapt. Diana Linee, polisiewoordvoerder van Paarl-Oos, gesê. Enigiemand met inligting kan die Paarl-Oos-polisiekantoor by 021 877 5900 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.