Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaardesorg bedags geteister

Wetteloosheid duur voort in die bendegeteisterde gebied Klein Nederburg in Paarl-Oos, waar ook ’n ouetehuis wat gevestig is vir ’n minderbevoorregte bejaarde gemeenskap byna gevangene gehou word deur vandale.

Die Rusthof-tehuis vir bejaardes in Bauhiniastraat word al vir maande lank deur boewe geteiken en geweldige skade word ook aan die tehuis se infra­struktuur aangerig.

Die afgelope maande is die tehuis se diefwering teen die venster asook op

die baksteenmuur van die tehuis afgesteel.

die baksteenmuur van die tehuis afgesteel.

Volgens die tesourier van die beheerraad, Cecil Driver, beloop hierdie skade alleen reeds byna R120 000.

En om alles te kroon, is derduisende rande onlangs bestee om die muur en diefwering op te rig – juis om die bejaarde inwoners te beveilig.

“Die vandale betree die erf van Rusthof helder oordag langs die hek. Die tehuis is veronderstel om ’n veilige tuiste vir bejaarde inwoners en mishandelde mense te wees, maar nou word ons geteister deur boewe wat niks omgee nie,” vertel Driver.

Driver meen dat die tehuis groot uitdagings moet deurmaak asof dit nie genoeg is dat die bejaardes swakker word nie. Dit wil voorkom dat die gemeenskap nie eienaarskap van die tehuis neem nie.

“Hulle sit en kyk hoe die kinders die mure van die tehuis afbreek. Ongeveer 10 pilare is al afgebreek en sowat 30 m van ons baksteenmuur is afgeslaan nadat dit twee keer herbou is,” sê Driver.

Alvira Kleynhans, die matrone van die tehuis, sê die inwoners en personeel voel al hoe meer onveilig weens die diewe se doen en late.

Driver het sy misnoeë oor die toedrag van sake uitgespreek.

“Op die oomblik het ons ’n krisis om linne, handdoeke, verf, gordyne en die hulp van nutsmanne geskenk te kry.”

Die tehuis is afhanklik van skamele geldelike bydraes van die bejaardes en ontvang ook ’n klein subsidie by die departement van maatskaplike ontwikkeling. Die 104 inwoners word versorg, maar elke dag bly ’n uitdaging vir die bestuur om ’n diens met ’n baie beperkte finansiële vermoë te verrig.

Die tehuis bied die afgelope paar jaar gemeenskapsgebaseerde tuisversorgingsdienste aan. Die tehuis bestuur ook die Drakenstein Intermediate Care Facility, wat voorheen Luthando was.

Die tehuis nooi alle belangstellendes om hul dienste aan te bied.

. Indien enigiemand kwaaddoeners by die tehuis sien, bel die bestuur by 021 862 2230/38, of die Paarl-Oos-polisiekantoor by 021 877 5900, of die sektorbestuurder, Gerhard Sampson, by 079 894 1412.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.