Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende inwoner se dood skok hele dorp

’n Wellington-gesin is in rou gedompel nadat hul geliefde dogter, suster en ma van ’n sesjarige tweeling skielik gesterf het.

Die oorsaak van Nicqui du Plessis (43) se tragiese dood het ’n baie lang aanloop gehad.

In 1995 was sy en haar skoonheids­koningin tweelingsuster, Michelle du Plessis, in ’n motorongeluk betrokke terwyl hulle nog studente was. Nicqui het medies aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en Michelle regte. Nicqui het ernstige beserings opgedoen en het onder meer haar gewrigte en kakebeen gebreek en haar gesig is erg vermink.

Hierna het jare van operasies, mediese behandeling en rehabilitasie gevolg – wat beteken het altesaam 900 maande van hospitalisasie vir Nicqui.

Sy moes ook verskeie kaakgewrigsvervangings ondergaan en in 2015 is sy weer geopereer vir vervangings in die Mediclinic Kaapstad. Sy het toe die weerstandige MRSA-virus (Methicillin-resistant staphylococcus ­aureus) dáár opgedoen wat haar mediese toestand laat vererger het. Sy was goed op pad na ’n beter lewe voor hierdie operasie, maar die MRSA-virus wat sy in die hospitaal opgedoen het, was vir haar ’n reuseterugslag.

Dit het verminking veroorsaak wat weefsel weggevreet het. Die operasie in 2015 was veronderstel om haar pyn te verlig, maar dit het egter tot die erger kroniese pyn en gepaardgaande verminking gelei.

Op 25 September vanjaar moes sy ’n rekonstruktiewe operasie ondergaan.

“Dit sou geen einde bring aan die konstante en kroniese pyn wat sy vir die res van haar lewe sou ervaar nie, maar sou net help dat sy darem haar oë kan “knip” en na behore praat en hopelik weer amper soos van ouds kon lyk,” het haar suster vertel.

En haar laaste operasie was letterlik haar laaste.

Sy is op 26 September tussen 01:00 en 02:00 blykbaar in haar slaap oorlede. ’n Lykskouing word Vrydag 5 Oktober gehou om die oorsaak van haar dood vas te stel.

Hoewel die destydse motorongeluk Nicqui se lewe vir altyd verander het weens die erns van haar beserings, het haar sterk persoonlikheid en vasberadenheid haar toekomsplanne geensins gestuit nie. Sy het haar mediese graad voltooi en het die liefde van haar lewe gevind in die sakeman Leon de Kock.

Hulle was 12 jaar lank baie gelukkig getroud en Leon was altyd haar rots en steunpilaar. Hy het nou sy beste vriend en spanmaat verloor.

Die egpaar het ’n beeldskone sesjarige tweeling, Mich’ael en Michélle, en al het Nicqui deurgans baie pyn verduur, het sy die lewe met ope arms verwelkom en aangepak.

“Sy was my tweelingsussie en ’n fantastiese mediese dokter wat soveel harte aangeraak het,” het Michelle gesê. “As gevolg van die MRSA-virus kon sy nie sedert 2015 praktiseer nie, maar dit het haar nie verhinder om tussen haar meer as 40 operasies die gemeenskap gratis te dien nie.

“Selfs onlangs het sy in Tygervallei ’n vrou gehelp wat geval het. Sy het die vrou ook aanhou kontak totdat sy tevrede was met haar welstand.

“Sy is ’n fantastiese mens en mense wêreldwyd het ons geskok gekontak en van haar impak op hul lewe vertel. Mense wat ek nie eens ken nie.”

Michelle het gesê hierdie boodskappe het teen so ’n spoed ingestroom dat sy tot dusver meer as 6 500 ontvang het.

Met Nicqui se operasie verlede week en haar skielike dood daarna, het haar tweeling by haar ouers in Wellington, die plaaslike prokureur André du Plessis en sy vrou, Wanda, tuisgegaan.

’n Roudiens vir Nicqui word vandag (Donderdag 4 Oktober) om 12:00 by Rhebokskloof, Paarl, gehou.

. A dedicated doctor and mother of six year old twins has died tragically after yet another operation.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.