Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Besproeiingsraad gee eer

Die Bergrivier-hoofbesproeiingsraad het Vrydag 30 November aan twee mense erkenning gegee wat besondere en onbaatsugtige diens aan die lede van dié raad lewer.

Die eerbewyse is aan dr. Jo Barnes en die voorsitter, Billy Bourbon-Leftley, by die Cattle Baron in die Paarl oorhandig.

Barnes is ’n epidemioloog en senior dosent in gemeenskaps­gesondheid, gesondheidstelsels en openbare gesondheid by die fakulteit geneeskunde en gesondheidsweten­skappe by Universiteit Stellenbosch.

Sedert 2002 dien Barnes as ’n konsultant vir die raad en sy toets die gehalte van die Bergrivierwater wat vir besproeiing gebruik word.

Die raad beskryf haar as ’n “ystervrou wat nie nonsens duld nie”. Die voormalige voorsitter, JD Kirsten, sê sy het ’n passie vir haar werk en dit is waarom sy goed is daarin.

Volgens Barnes moes sy weens haar werk al op ’n paar tone trap. Sy sê sy staaf altyd wat sy sê met die nodige bewyse. “Dit is maklik om reg te wees as jy jou werk ken,” het sy gegrap.

Bourbon-Leftley, plaaslike boer en voorsitter van die raad, het die eerbewys gekry omdat die raad sê hy “is soos ’n enjin wat nooit ophou werk nie”.

Die voormalige voorsitter EC Malan het sy prys aan hom oorhandig. Malan sê hy het nooit opgegee om te onderhandel vir verligting van die streng waterbeperkings tydens die droogte vroeër die jaar nie.

Bourbon-Leftley is die eerste voorsitter wat dié prys ontvang.

Hy het dit beklemtoon dat huidige boere ’n volhoubare nalatenskap vir hul kinders moet skep. Hy sê die bedryf beraam al planne om hul eie damme te bou, waterhersirkulering­strukture te bou en selfs ontsoutings­projekte te begin. Hy sê hy weet dit is duur, maar “ ’n mens moet ’n teiken stel”.

. Two people were awarded by the Berg River Main Irrigation Board for selfless and dedicated service to the board. Chairperson of the board Billy Bourbon-Leftley and academic Dr Jo Barnes received the awards at a luncheon at Cattle Baron.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.