Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bestuurder ‘verdwyn’ ná botsing

Die polisie is steeds op soek na die bestuurder van ’n Izuzu-bakkie, nadat twee mans dood is en twee passasiers ernstige beserings in ’n noodlottige botsing opgedoen het.

Dié botsing het Saterdag 2 Junie naby Mbekweni in Jan van Riebeeckrylaan plaasgevind.

Volgens ’n polisieverslag van die Mbekweni-polisiekantoor het die nood­lottige ongeluk om 16:10 plaasge­vind toe die bestuurder van die Izuzu-bakkie in die rigting van Paarl gery het.

Die bestuurder van die bakkie het na bewering naby die Vlakkeland-aansluiting beheer oor die bakkie verloor, oor die middelmannetjie gerol en ’n lamppaal getref.

Toe die bakkie tot stilstaan kom, het die bestuurder na bewering uit die motor geklim en te voet gevlug. Sedert­dien is die polisie op soek na die bestuur­der. Ooggetuies op die toneel het aan Paarl Post se fotograaf vertel die bestuurder het nie eens probeer om sy beseerde vriende in die bakkie te help nie.

Polisiewoordvoerder, sers. Nceba Vanqa van Mbekweni-polisiekantoor, het gesê een passasier is op die toneel dood verklaar en drie passasiers, bekend as Andile, Julian Zithulele Tiwani en C. Qhetswana, is met ernstige beserings na die Paarl-hospitaal gehaas. Nóg ’n passasier is later in die hospitaal dood weens die erns van sy beserings.

Die man wat die bakkie bestuur het, is as Phumzile Ohetswana (41) van Groenheuwel geïdentifiseer.

Teen druktyd was die oorledenes se name nie bekend nie.


. Mbekweni-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Enigiemand met meer inligting kan die polisie by 021 868 9900 of 021 868 9926 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.