Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Betreders vasgetrek

Twee mans is verlede Maandag­oggend (7 September) in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem omdat hulle die grond van twee plase in Paarl onwettig betree het.

Die voorvalle het binne twee uur uit mekaar gebeur.

Volgens Verena Hulme, Fidelity ADT se Kaapstad-Noord-distriksbestuurder, het een van hul beamptes die verdagte opgemerk toe hy vroeg die oggend besig was om een van hul kliënte se eiendom te patrolleer.

“Toe ons beampte die verdagte nader, het hy onsuksesvol probeer weghardloop. Die verdagte is deursoek en daar is na bewering gesteelde aarbeie in sy besit gevind.”

Dit was skaars twee uur later, omstreeks 09:45, toe dieselfde be­ampte ontbied is na ’n soortge­lyke voorval op ’n plaas in Suider-Paarl. Die verdagte is glo gesien toe hy met ’n sak oor ’n heining gespring het. “Ons beampte het die verdagte langs Hoofstraat opgespoor en aangekeer voordat hy hom terug­geneem het na die adres van die oorspronklike klaer. Dit is hier dat bevestig is dat die sak avokado’s bevat wat vroeër van die betrokke plaas gesteel is,” voeg Hulme by. Albei verdagtes is in hegtenis geneem en aan die Paarl-polisie oorgegee..Two men were arrested in two separate incidents last Monday morning for trespassing on two farms in Paarl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.