Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beurtkrag: só sal die fases werk

Hoewel die vlak 2-inperkingsregulasies mense en ondernemings meer vryheid gun om handel te dryf, is dit weer Eskom se beurtkrag wat ’n doring in die vlees is.

Dit is veral die verandering van beurtkrag-fases, op kort kennisgewing, wat beplanning moeilik maak.

Dit wil voorkom asof dit etlike maande sal wees voordat daar lig aan die einde van die Eskom-tonnel is.

Dus bied Paarl Post ’n oorsig van hoe die verskeie fases verbruikers raak. Eskom sal verbruikers eers versoek om elektrisiteitsverbruik te verminder om die druk van hul lading te verminder. Wanneer te min krag opgewek word om die nasionale netwerk te voorsien, is beurtkrag die “laaste uitweg”.

Dit word dan tydelik toegepas tydens noodtoestande. Ingenieurs besluit watter dele van die leweringsnetwerk om af te skakel om te keer dat die hele netwerk ineenstort.

Beurtkrag sal in die meeste gevalle binne twee uur in blokke geïmplementeer word. By elk van die tydperke word 30 minute bygevoeg om voorsiening te maak vir die skakel van netwerke op ’n manier wat die kragstelsel nie sal beskadig nie.

Die meeste verbruikers (wat binne 2- uur-blokke is) kan dus tot 2,5 uur op ’n keer sonder elektrisiteit wees.

Die frekwensie van beurtkrag neem toe namate hoër fases ingestel word. . Fase 1 sny 5% van die kragaanbod. Dit vereis die minste hoeveelheid beurtkrag, drie keer oor ’n periode van vier dae vir twee uur op ’n slag, of drie keer oor ’n tydperk van agt dae vir vier uur op ’n slag.. Fase 2 sny 10% van die kragaanbod. Dit sal die frekwensie van fase 1 verdub­bel, wat beteken dat jy geskeduleer is vir beurtkrag ses keer oor ’n periode van vier dae vir twee uur op ’n slag, of ses keer oor ’n tydperk van agt dae vir vier uur op ’n slag.. Fase 3 sny 20% van die kragaanbod. Dit verhoog die frekwensie van fase 2 met 50%. Dit beteken dat jy nege keer oor ’n vier dae-periode twee uur lange beurtkrag kry, of nege keer oor ’n tydperk van agt dae, vir vier uur op ’n slag.. Fase 4 sny meer as 20% van die kragaanbod. Dit sal die frekwensie van fase 2 verdubbel, wat beteken dat jy geskeduleer is vir beurtkrag 12 keer oor ’n periode van vier dae vir twee uur op ’n slag, of 12 keer oor ’n tydperk van agt dae vir vier uur op ’n slag.

As meer vrag afgeskud moet word as wat in die fases 1, 2, 3 en 4 geskeduleer is, sal die nasionale beheerliggaam addisionele ongeskeduleerde beurtkrag aanbeveel.

Dit beteken dat jy moontlik buite die geskeduleerde tye geaffekteer kan word.

  • Bronne: Eskom, Netwerk24
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.