Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bewaarder verdink van diefstal ná aankope

’n Bewaarder van Allandale-gevangenis is in die moeilikheid nadat hy na bewering byna R100 000 se goedere op die tronk se rekening gekoop het vir sy eie gebruik.

Die betrokke bewaarder is glo ’n senior bestuurder en was verantwoordelik vir die aankope by die tronk se winkel.

’n Anonieme bron het aan ’n poniekoerant gesê die aankope is by ’n bekende pakhuis gedoen en was ’n bedrag van ongeveer R100 000. Volgens die persoon weet die bewaarder watter prosedures gevolg moet word wanneer aankope gemaak word.

Die rekening het na bewering ’n astronomiese bedrag gewys wat nie verklaar kon word nie. Die betrokke bewaarder is glo deur veiligheidskameras van die winkel uitgevang.

Daarna het die bewaarder glo summier bedank toe die inligting uitkom.

Die departement van korrektiewe dienste se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, het aan Paarl Post bevestig dat hulle bewus is van die voorval en dat hulle besig is om die saak deeglik te ondersoek. Nxumalo wou nie verder oor die voorval uitbrei nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.