Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blitsbreine van Paarliete maak van hulle wenners

PAARL – Twee leerders aan die Hoër Jongenskool Paarl kan breëbors staan nadat hulle met toppunte in vanjaar se junior Blitsbrein-kompetisie geëindig het.

Dié kompetisie is moontlik gemaak deur Die Burger, Beeld, Volksblad en Netwerk24 en is op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Kenneth Janson (gr.10) was eerste in die nasionale gr.10- en gr.11-afdeling sowel as die Wes-Kaap-afdeling.

In die provinsiale afdeling word Kenneth deur sy medeleerder Jan-Hendrik du Toit (gr.10) gevolg wat die tweede plek behaal het.

Kenneth sê die wen het nog nie regtig by hom ingesink nie en dit voel nog ’n bietjie onwerklik.

Oor die toets wat hy moes aflê om die mylpaal te bereik, voeg hy by: “Ek het gedink ek het lekker geskryf, maar ek het nooit regtig gedink ek gaan eerste eindig nie.”

Die blitsbrein-kampioen verduidelik dat hy baie nuus lees en daarvan hou om met sy vriende en familie oor huidige gebeure te gesels. Kenneth glo dit help hom om sy kennis op te skerp.

“Ek voel dit help my baie dat ek vinnig inligting verstaan en kan opneem en ’n belangstelling in alles van sport tot politiek het.”

Jan-Hendrik, wat die tweede topblitsbrein in die Wes-Kaap in sy afdeling is, sê hy is baie trots op sy prestasie en sien daarna uit om volgende jaar weer deel te neem.

“Die druk was vir seker daar omdat twee ander leerders van my skool ook deelgeneem het. Dit was ook ’n bietjie van ’n uitdaging om die eindronde via Zoom te skryf,” meen Jan-Hendrik.

Die twee het definitief reeds ’n plan om verder te studeer sodra hulle klaar is met skool.

Kenneth wil graag ’n ekonomiese of finansiële beroep volg en by ’n private ekwiteitsfirma gaan werk. Jan-Hendrik op sy beurt sien daarna uit om sy vlerke as prokureur te sprei.

“Ek het gesien hoe mense in Suid-Afrika sukkel om regshulp te kry en ek wil baie graag sulke mense help,” sê Jan-Hendrik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.