Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blouhuis-inwoners winter nog in tente

Sowat 150 oudinwoners van die berugte Blouhuis in Paarl-suid is met die skokkende nuus verras dat hulle nog ’n winter in hul tente sal moet deurbring.

Die inwoners is ná ’n lang hofgeding uit die Blouhuis gesit en tydelike behuising is deur die Drakenstein-munisipaliteit in ’n tentedorp in Orleans Park, Paarl-Oos, beskikbaar gestel.

Die huis is direk ná die uitsetting gestroop.

Hulle sou aanvanklik net tot Julie 2018 in die park gehuisves word waarna hulle na die Schoongezicht-noodverblyfterrein in die Fairyland-gebied verskuif sou word.

Maar steeds is hierdie mense in die duister gelaat nadat die verskuiwing nooit plaasgevind het nie.

By navraag aan Drakenstein-munisipaliteit oor hoe lank die inwoners nog daar gaan woon, het Gerald Esau van gemeenskapsdienste geantwoord: “Dit is moeilik om ’n bepaling te maak van hoe lank die inwoners steeds in die park gaan wees omdat die behuisingspyplynprojekte nie in isolasie beplan word nie.”

Hy het gesê dat hul langtermynoplossing vir die inwoners is om hulle deel te maak van die Schoongezicht-behuisingsprojek.

Die heel eerste agterplaasbewoners van Fairyland is ontstoke noudat die munisipaliteit hierdie besluit wil neem.

Volgens Fransie Steyn, verteenwoordiger van Greenfield en Milky Town se agterplaasbewoners, is ’n ooreenkoms reeds in 2015 met die munisipaliteit aangegaan toe die grond aan hulle afgeteken is.

“Ons is verwyder van ’n oop stuk grond in Bo Dalpad af toe ’n kompleks daar gebou moes word. ’n Ooreenkoms is swart op wit met die munisipaliteit bereik dat die Schoongezicht-grond vir ons uitgesit sal word sodat ons huise daar kan bou,” sê Steyn.

Esau sê die munisipaliteit ervaar geweldige gemeenskapsteenkanting van die inwoners van Siyahlala, Fairyland en agterplaasbewoners wat daarop aandring dat hul behoefte aan behuisingsgeleenthede eerste opgelos moet word. Dus weier hulle die plasing van die inwoners van Orleanspark.

Die munisipaliteit is nou in die proses met die beplanning en die goedkeuring van die bouplanne van die 52 Nutec-strukture.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.