Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boendoehof eis nog een

Inwoners van Paarl-Oos het eie reg gebruik toe hulle ’n vermeende dief erg aangerand en vir dood agtergelaat het. Die man het kort ná die aanval aan sy wonde beswyk. Die voorval het – Vrydag 2 Augustus – kort ná 02:00 in die Siyahlala-woongebied naby Fairyland plaasgevind.

Pandemonium het losgebars toe keelvol inwoners ’n dief op heterdaad betrap het waar hy na bewering by ’n huis in die gebied ingebreek het. Die verdagte is met verskeie voorwerpe geslaan waarna hy ernstige beserings opgedoen het wat uiteindelik tot sy dood gelei het.

Met die aankoms van die polisie op die toneel was die verdagte, Ysuf Fadiel (29), só erg aangerand dat die polisie die Paarl-ambulansdienste ontbied het om hom vir nood- mediese behandeling na die Paarl-hospitaal te neem.

Verdere drama het ontvou toe die gemeenskap nie die ambulanspersoneel wou toelaat om mediese hulp aan die verdagte te gee nie en die polisie moes tussenbeide tree. Die verdagte is egter kort ná die aankoms van mediese personeel op die toneel dood.

Inwoners van die gebied sê dat hulle gereeld geteister word deur inbrake en hulle is keelvol.

’n Polisiewoordvoerder van die Paarl-Oos-polisiekantoor vertel: “Inwoners beweer dat die inbrake gereeld by hul huise in die gebied plaasvind. Dit is toe dat hulle besluit het om eie reg te gebruik en hulle Yusuf begin aanrand het.”

’n Moordklag is by die Paarl-Oos-polisiekantoor geopen.

Verskeie inwoners van die gebied wat op die toneel was, is vir ondervraging in hegtenis geneem. Hulle is dieselfde dag vrygelaat.

“Lede van die gemeenskap wil egter nie vorendag kom met daadwerklike inligting oor die voorval nie,” het die polisiewoordvoerder gesê. “Die gemeenskap word gewaarsku om nie eie reg te gebruik nie. Hierdie is ’n ernstige oortreding wat nou tot moord gelei het.”

Die polisie vra lede van die gemeenskap wat moontlik inligting oor die voorval het om hulle by 021 877 5900 te skakel, of die polisiekantoor op die hoek van Van der Stel- en Meakerstraat te besoek.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.