Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boereworskoningin hou aan tot sy wen

“As jy iets wil hê, dan moet jy beslis bereid wees om aan te hou probeer en hard te werk totdat jy jou doel bereik.”

Dít was die woorde van Yvonne Blaauw (47) van Wellington. Sy het nooit moed verloor nie en vandag, ná 15 jaar se probeer in die Shoprite-Checkers-boereworskompetisie, is sy Suid-Afrika se boereworskampioen.

Yvonne is oorspronklik van Buffel­jags­rivier en nadat sy matriek daar voltooi het, het haar familie na Wellington verhuis.

Sy onthou nog hoe sy as jong vrou by ’n slaghuis begin werk het en hoe die reuk van die vleis konstant in die lug gehang het. Al het sy gereeld daaraan gedink om haar werk op te gee, het Yvonne nooit so ver gekom nie, want om met vleis te werk, was haar passie.

Sy het later by Shoprite se slaghuis in Wellington begin werk en vandag is sy die slaghuisbestuurder daar.

Dit was nie net Yvonne se familie wat haar aangespoor het om aan die boereworskompetisie deel te neem nie, maar ook haar kollegas.

“Dis hoeka my kollegas wat geloof in my gehad en geglo het ek gaan wen. Wanneer ek aan myself twyfel, het hulle my moed ingepraat. Almal wat die wors geproe het, het gesê dis die wenwors,” vertel sy trots.

Haar kollegas is só geïnspireer deur haar prestasie dat hulle besluit het om volgende jaar self ook aan dié kompe­tisie deel te neem.

Yvonne sê die geheim van haar boere­wors is die kombinasie van speserye en die soort vleis wat gebruik word. “Jy kan nie enige vleis gebruik om wors van te maak nie. Dit moet ’n goeie gehalte vleis wees.”

Sy wil nie met haar resep of geheim op haar mou rondloop nie. “ ’n Goeie boereworsresep is immers goud werd en een van die hoofbestanddele is om aan te hou probeer,” sê sy. Haar oorwinning is soet en Yvonne se gesukkel met haar motor die afgelope tyd is nou iets van die verlede. Sy spog vandag met haar nuwe Toyota Hilux-bakkie en skimp dat daar geen verskoning meer vir hulle is om nie by familie in George en ander ver plekke te gaan kuier nie.

Wat die toekoms behels sê Yvonne sy is reeds besig om aan ’n nuwe resep vir volgende jaar se kompetisie te werk.

Dit is asof Yvonne in droomland is, want sy kan steeds nie glo sy het gewen nie. Volgens haar sou sy aanhou probeer het as sy nie dié jaar as wenner gekroon is nie. “Daai sêdingetjie van aanhouer wen, my skat, nee, dit is so. Kyk, as dit jou beurt is, is dit jou beurt.”

Die kampioen wors is van 14 Septem­ber in die winkels beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.