Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boewe plunder HOP-huise

Die nuutgeboude HOP-huise wat in Paarl-Oos opgerig is om huis­vesting vir minder­bevoor­regtes te voorsien, word helderoordag geplunder.

Volgens ’n bekommerde inwoner van Magnoliastraat, stap die vandale oop en bloot met die gesteelde toerusting uit die huise en verby die sekuriteit wat veronderstel is om 24-uur wag oor die huise te moet hou.

Derduisende rande gaan verlore, terwyl die inwoners waarvoor die huise gebou was reeds in die huise kon gewoon het.

Inwoners sê dat daar ongeveer 16 tot 20 van die huise reeds voltooi was, maar nou word hulle stuk vir stuk deur boewe afgebreek.

“Die sekuriteit wat betaal word om die huise op te pas, glimlag eenvoudig as die diewe met materiaal vir loodgieterwerk, staalvensterrame, toiletpotte, deurhandvatsels, elektriese bedrading of selfs met die bakstene rustig verby hulle stap,” vertel een ontstoke inwoner.

By navraag oor dié situasie by die Drakenstein-munisipaliteit, het Lauren Waring, uitvoerende direkteur van beplanning en ontwikkeling erken dat die huise geplunder word.

“As gevolg van ’n oortreding van die nasionale bouregulasies en munisipale verordeninge, kon Drakenstein-munisipaliteit nie okkupasiesertifikate uitreik of die kontrakteur toelaat om die huise te oorhandig nie.

“Dít is aan die kontrakteur gekommunikeer wat toe ’n proses begin het om die oortreding reg te stel. Terwyl hierdie proses aan die gang is, word die huise gevanda­liseer ondanks die teen­woordig­heid van sekuriteit op die perseel.

“Aangesien die huise steeds die verantwoorde­likheid van die kontrakteur is, sal die kontrakteur verantwoordelik wees vir die koste om dit te herstel.”

Kapt. Diana Linee, Paarl-Oos-polisie, het gesê dat die polisie gereeld in die gebied patrolleer.

“Volgens ons rekords is daar net een klag van diefstal deur ’n sekuriteitsbeampte wat na die huise omsien, gemaak. Die klag word deur die polisie ondersoek.”

“Inwoners in die gebied moet eienaarskap neem en misdaad moet by die Paarl-Oos-polisiekantoor aangemeld word,” sê Linee.

Kontak hulle by 021 877 5900.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.