Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bôrdienghuis kry nuwe bestuur

Die Bôrdienghuis-teater in Wellington het onlangs nuwe bestuurders gekry.

Alma Nel en Banna Spanner, wat reeds ses jaar in Wellington woon, vertel dat hulle die bestuur van die Bôrdienghuis-teater in Augustus oorgeneem het.

Die teater is op dieselfde perseel as die Breytenbach-sentrum wat deur die Breytenbach-trust besit en bestuur word.

Hulle vertel dat die sentrum en die teater in simbiose met mekaar werk om die waardes van die Breytenbach-trust met betrekking tot kultuur en kuns in die gemeenskap te bevorder.

Alma is aktief in die teaterwêreld as skrywer, regisseur en mentor vir leerders en studente betrokke. Sy tree ook gereeld op as beoordelaar by toneelspel-kompetisies. Verder was sy en Banna ’n paar jaar by Bergrivier Sêkondere Skool se tienertoneel betrokke. Sy vertel onder haar leiding het die skool groot sukses behaal op nasionale vlak van die ATKV-tienertoneelkompetisie.

Die twee vertel dat die Breytenbach-sentrum hulle ook na aan die hart lê aangesien hulle ses jaar gelede mekaar daar ontmoet het toe hulle ’n skryfskool van die bekende skrywer Rachell Greeff daar bygewoon het. “Die liefde het geblom en die res is geskiedenis,” vertel hulle.

Alma bedryf ook die Alma Nel-drama-ateljee sedert 2016 uit die Bôrdienghuis-teater en is dus vertroud met die perseel.

“Toe die bedryf van die teater ’n opsie word, was dit dus nie ’n totale skoot in die donker om die potensiaal van die projek raak te sien en daarop in te koop nie.

“Ons sien uit daarna om die teater te vestig as plek van vermaak, terwyl ons kunstenaars ondersteun en blootstel aan nuwe gehore. Ons sien ook uit daarna om ons gehore aan nuwe ervarings bloot te stel, wat nie noodwendig in die verlede in Wellington beskikbaar was nie.”

Hulle vertel dat die grootste uitdaging sover was om hul drome met die teater te versoen en die praktiese uitvoerbaarheid daarvan. “Hoewel ons albei voorheen saam en apart aan verskeie projekte gewerk het, is dit vir ons albei ’n eerste om ’n teater/restaurant te bestuur. Gelukkig het ons vriende met ervaring daarvan en ons het na alle raad en insigte geluister.”

Die paartjie meen hulle wil gehore, kunstenaars en die gemeenskap deel maak van hul reis en van die teater ’n plek maak waarop Wellington trots kan wees.

Inwoners kan uitsien na ’n verskeidenheid van ervarings wat insluit musiek, teater, skouspel en woordkuns in ’n ontspanne maar gekunstelde atmosfeer.

“Ons sien ook uit om plaaslike onontdekte talent die geleentheid te gee om voor gehore op te tree. Hulle is welkom om ons te kontak.”

Vir meer oor die Bôrdienghuis-teater, bel Alma by 082 964 9352.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.