Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brand eis twee in Fairyland

’n Verwoestende brand het Donderdag (8 Oktober) omstreeks 01:00 die lewe van ’n bejaarde man en sy kleindogter geëis.

Hendrik Jacobs (66) en sy kleindogter, Denolene Williams (12), het in die brand in Zamazamastraat in die informele nedersetting Fairyland, Paarl-Oos, omgekom.

Nóg ’n man, Vernie Demas wat in dieselfde huis woon, is in die brand beseer toe hy en sy lewensmaat Doranda Williams die kinders Gerswin Williams (9), Desiree Williams (4) en Vernocia Williams (2) na veiligheid geneem het. Demas is met brandwonde aan sy hand in die hospitaal opgeneem.

’n Familielid, wat anoniem wou bly, was kort daarna op die toneel. “Vernie het gesê hy kon haar nie uitkry nie. Ek was hartseer en kwaad. Dit was baie hartseer, want sy was alleen saam met haar oupa in die hok. Ongelukkig het die brandweer te laat opgedaag,” vertel hy.

Die brand het ongeveer 15 informele strukture vernietig en ongeveer 50 mense dakloos gelaat.

Die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer- en reddingsdienste het die oproep om 01:00 ontvang en die brand om 01:23 in bedwang gekry.

Die munisipaliteit het sy simpatie met die families en geliefdes van die oorledenes betuig en het die nodige hulp aan die gesinne verleen wat dakloos gelaat is.

Kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, sê die oorsaak van die brand word ondersoek en geen misdaad word vermoed nie.

. A devastating fire in Fairyland, Paarl-East claimed the lives of two people and injured another.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.