Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brand laat 63 dakloos

Sowat 18 huisgesinne is net voor die feestyd dakloos gelaat nadat ’n brand, wat vermoedelik uit beweerde boendoe-geweld gespruit het, deur die Simondium- sentraal informele nedersetting, Agter Agrimark, getrek het.

Altesaam 63 mense, wat kinders insluit, is sonder ’n heenkome gelaat.

Die brand het laataand Sondag (1 Desember) begin.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n klag van brandstigting word ondersoek. Hy het egter gesê dat die presiese oorsaak van die brand nog nie bekend is nie.

Die polisie was net voordat die brand omstreeks 22:00 aangemeld is, op ’n moordtoneel waar ’n 36-jarige man, Jonas Dimwa, doodgesteek is. Dié voorval het volgens die polisie gebeur nadat hy in ’n stryery betrokke was.

“Die oorledene was glo nog lewend toe hy huis toe geneem is, waar die verdagtes hom gelos het en waar hy dood is,” het Van Wyk gesê.

Die Paarl Post het by ’n betroubare bron verneem dat die voorval ’n wraakmoord was. Die verdagte, Winston Fredericks (24), se pa, Jannie Damons (62), is 10 November verlede jaar op Nieuwe Sion-plaas by ’n verjaarsdag­partytjie doodgesteek.

Fredericks het na bewering wraak geneem en die verdagte, wat glo sy pa vermoor het, se pa, Dimwa, die naweek doodgesteek.

Die brand is glo weens boendoe-geweld gestig deur gemeenskapslede wat keelvol is vir die geweld in die nedersetting. Dié bewerings is egter nie bevestig nie en polisie en gemeenskapslede bly geheim­sinnig oor die presiese oorsaak van die brand.

’n Gemeenskapswerker, Nazely Valentine, sê die slagoffers het alles verloor. “Hulle benodig letterlik alles wat ’n mens in ’n huis moet hê, soos meubels, komberse, breekware, ensovoorts,” het sy gesê. Die inwoners, wat kinders insluit, benodig ook nie-bederfbare kos.

Valentine sê enige skenkings kan by die gemeenskapsentrum oorkant die nedersetting afgelaai word waar sy en haar span dit sal uitdeel.. About 18 families have been left homeless before the festive season following a fire suspected to have been caused by “mob-like” protest action.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.