Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Branddood bly ’n raaisel

’n Jaar en ’n half ná die branddood van Sunita en Jacques van Dyk bly die saak steeds ’n raaisel.

Die egpaar se lyke is in die vroeë oggendure van 10 Mei in hul huis op die plaas Oakdene gevind ná ’n huisbrand. Sunita was in die bad en Jacques is langs die bad gevind. Hul hond Skollie is ook by hulle gevind.

Die tonge het behoorlik hierna begin klap met bewerings uit vele oorde dat Sunita in ’n verhouding gewikkel was met ’n kollega by ’n bekende Paarlse laerskool.

Dit het ook aan die lig gekom enkele ure ná die brand het die kollega se vrou op die toneel aangekom en onder polisiebegeleiding goedere uit die verbrande woning verwyder.

Ook hierna is selfoonboodskappe uitgelek tussen Sunita en die kollega se vrou wat ’n baie noue vriendskap getoon het.

Die saak het skielik gedraai toe ’n lykskouing getoon het dat Sunita nekbeserings opgedoen het. Maar dit is steeds onduidelik wat dié besering veroorsaak het.

Die omstandighede rakende die brand bly onverklaarbaar en Wellington-polisiewoordvoerder, kapt. Basil Seekoei, sê daar is geen nuwe inligting beskikbaar nie.

Hy het bygevoeg die dossier is aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorhandig vir besluitneming.

Die Paarl Post het navrae aan die NVG gestuur, maar het teen druktyd nie terugvoering ontvang nie.

.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.