Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bruid en gaste aangeval

’n Bruid en haar gaste is die jongste slagoffers van nóg ’n aanval op ’n plaas in die Paarl-gebied.

Die jongste voorval het op Oude Denneboom naby die Paardeberg-pad plaasgevind toe rowers Vrydag 30 November, die aand voor ’n troue, om 23:00 toegeslaan het. Die woord­voerder van Paarl-polisie, kapt. Louise du Plessis, het die voorval bevestig.

Sy sê die rowers het klapmusse gedra en was met messe gewapen. Hulle het met selfone en juweliersware gevlug nadat hulle toegang tot die kothuise gekry het deur ’n ongesluite deur. Niemand is beseer nie.

Die rooftog het Saterdag 1 Desember nasionale aandag gekry toe Ian Came­ron, die hoof van gemeenskaps­veiligheid van AfriForum, die aanval op Twitter geplaas het.

Volgens hom was daar ses aanvallers, maar ’n Wes-Kaapse polisiewoord­voerder, lt.kol. André Traut, het aan Die Burger gesê daar was vyf vermomde aanvallers.

’n Onbekende inwoner van dié gebied het ’n waarskuwing versprei wat sê daar was in die twee weke voor dié voorval pogings tot nóg rooftogte in die Paardeberg-gebied. Du Plessis sê dit is nie vreemd dat vreemde mense op plase beweeg nie, maar hulle is nie bewus van pogings tot plaasaanvalle nie.

. A bride and her guests from a bridal party were attacked on the farm Oude Denneboom on Friday (30 December). The attackers gained entrance to the cottage via an unlocked door. They were masked with balaclavas and ran off with jewellery and cell phones.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.