Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Burgemeester sterk aan ná

Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, is in ’n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag ’n ligte beroerte gehad het.

Volgens die onderburgemeester, Gert Combrink, is Poole se spraak as gevolg van die beroerte aangetas.

“Hy kan praat, maar sy spraak is ietwat aangetas. Ons is positief dat die burgemeester volkome sal herstel,” het Combrink gesê.

“Die burgemeester ondergaan tans toetse en behandeling wat sal bepaal tot wanneer hy gehospitaliseer sal wees.

“Ons vra dat die publiek die Poole-familie se privaatheid in hierdie tyd respekteer,” het Combrink gesê.

Die nuus van die burgemeester wat in die hospitaal opgeneem is, het vinnig versprei.

Drakenstein-munisipaliteit het die nuus Sondag op sy Facebook-blad bevestig. Wense vir ’n spoedige herstel het van lede van die publiek op sosiale media vir die burgemeester ingestroom.

Paarl Post het ook ’n SMS-boodskap van ’n leser ontvang wat lees: “Mnr. Poole, daar is baie mense wat vir jou bid. Word gou gesond. Jy het groot werk om te doen. Ons staan bankvas agter jou. Wees sterk en vol moed.”

Combrink sal in hierdie tyd as uitvoerende burgemeester waarneem.• Drakenstein mayor, Conrad Poole, suffered a stroke on Saturday. Poole is in a stable condition in the hospital where tests are done.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.