Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bussie-juffrou word nie vervolg

Die onderwyseres van die Laerskool Hugo Rust, wat volgens ’n medepad­gebruiker 140 km/h op die N1 gery het, sal nie deur die skool getug word nie.

Millicent Merton, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onderwys, het bevestig dat die skool se beheerliggaam nie verdere stappe teen die sportorganiseerder sal doen nie en dat die ondersoek intussen deur die WKOD én die skool afgehandel is.

’n Video is Vrydag 8 November op sosiale media gelaai waar die onderwyseres volgens die motoris wat dit geneem het, 140 km/h ry. Sosialemedia­gebruikers het egter daarop gewys dat die videograaf die bussie genader en dus versnel het, wat aandui dat sy binne die spoedgrens gery het. Die videograaf het beweer dat die bestuurder van die Quantum-bussie van Canal Walk (by Century City) tot by die Wellington-afrit op die N1 “gejaag” het. Die onderwyseres hou vol sy is nie skuldig nie. Sy was saam met ’n groep gr. 4-leerders op pad terug van Kaapstad af waar hulle die dag die planetarium, ’n museum en die Kompanjiestuine besoek het.

Die WKOD sê ’n stelsel sal in die bussie aangebring word wat die spoed tot 105 km/h sal beperk met ’n alarm wat die bestuurder sal waarsku as hy of sy vinniger as 100 km/h ry. • Laerskool Hugo Rust will not be taking disciplinary action against a teacher who, according to another motorist, drove 140 km/h on the N1.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.