Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19-tydlyn van toe tot nou

Vandag (26 November) is die 245ste dag sedert Suid-Afrika ingeperk is. Ons val nou ook in ’n tydperk van rou vir alle slagoffers van die pandemie, soos twee weke gelede deur die president aangekondig is.

Hier volg die tydlyn van die drama wat hom sover vanjaar afgespeel het:. 5 Maart: Suid-Afrika se eerste bevestigde Covid-19-geval word aangemeld.. 14 Maart: Die eerste slagoffer in die Drakenstein-omgewing word positief vir Covid-19 getoets.. 15 Maart: Met toenemende gevalle verklaar die president ’n nasionale ramptoestand, sluit landsgrense en verklaar ’n reisverbod in die eerste ernstige stappe om Covid-19 aan te pak.. 18 Maart: Alle skole word gesluit.. 26 Maart: Covid-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 927.. 27 Maart: Die eerste 21-daagse inperking word ingestel en die land is so te sê “toe”. Die verkoop van drank en sigarette word verbied.. 6 April: Mbekweni word die eerste van sewe gebiede in die Wes-Kaap wat ’n deur-tot-deur-gemeenskaps-ondersoekprogram ondergaan het.. 16 April: Suid-Afrika verleng sy landwye inperking met twee weke.. 19 April: Die Suid-Afrikaanse dodetal weens Covid-19 staan op 54.. 23 April: Kommer word uitgespreek oor die ekonomie wat weens die inperking steier en die president kondig ’n Covid-19-hulppakket van R500 miljard aan.. 1 Mei: Die land beweeg na inperking vlak 4 – die opening van sommige sektore van die ekonomie, maar baie bly geslote. Die publiek mag die eerste keer in die openbaar oefen, maar net van 06:00-09:00. . 3 Mei: Die eerste pasiënt in Drakenstein sterf aan Covid-19.. 24 Mei: Die Kaapse Wynland-streek word as een van die land se Covid-19-brandpunte identifiseer. . 1 Junie: Die land beweeg na vlak 3, wat daartoe lei dat meer sektore van die ekonomie heropen. Bewegings word verder vergemaklik en diegene wat graag wil oefen, kry meer tyd. Byeenkomste bly egter verbode terwyl getalle vir begrafnisse streng beheer word. Alkohol mag slegs in drankwinkels in beperkte ure van Maandag tot Donderdag verkoop word. . 29 Junie: Restaurante mag aansitetes bedien.. 1 Julie: 159 333 bevestigde gevalle en 2 749 sterftes. Die Wes-Kaap is die gebied wat die ergste geraak word.. 6 Julie: Leerders van gr. 7 tot 12 keer terug skool toe. Binnelandse vlugte vir besigheid heropen.. 11 Julie: Bevestigde Covid-19-getalle het binne twee weke tot 250 000 verdubbel met 3 800 sterftes. Staatshospitale het min mediese suurstof.. 12 Julie: ’n Aandklokreël van 21:00 tot 06:00 en ’n verbod op die verkoop van alkohol word weer ingestel. . 22 Julie: Hoogste enkele dag van Covid-19 sterftes in die land (572).. 23 Julie: Skole word weer gesluit.. 27 Julie: Hooggeplaaste staatsamptenare by Covid-19-tender-ongerymdhede betrek.. 30 Julie: Aandklok skuif tot 10:00. Oornagbesoeke word toegelaat. . 1 Augustus: SA Covid-19-gevalle oorskry die 500 000-kerf.. 3 Augustus: Matrieks terug skool toe.. 8 Augustus: Covid-19-sterfgevalle bereik 10 000.. 12 Augustus: Die minister van gesondheid doen verslag dat Covid-19 sy hoogtepunt bereik het.. 15 Augustus: Die president kondig vlak 2-inperking aan. ’n Kerndeel hiervan is die hervatting van drankverkope en wettige sigaretverkope. . 16 September: Die land beweeg na Vlak 1 van die inperking. Gimnasiums mag heropen.. 1 Oktober: Internasionale vlugte van sekere lande af word toegelaat.. 2 Oktober: SA Covid-19-dodetal staan op 16 909.. 11 November: President Ramaphosa verlenging die ramptoestand met nog ’n maand. Beperkings op internasionale reis word verslap en drankverkooptye keer terug na gewone ure.. 25 November: Tot nou is 20 968 mense landwyd aan Covid-19 dood.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.