Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Daghospitaal reik uit

Cure-daghospitaal Paarl en TC Newman-gemeenskapsdiens-sentrum het Vrydag 5 April vir die eerste keer saam ’n gemeenskapsprojek aangepak.

Ses pasiënte van TC Newman het gratis operasies en mediese sorg by Cure Paarl ondergaan.

TC Newman het ’n teaterwaglys van drie tot vyf maande vir tandheelkunde en die kinders, wat vullings en ekstraksies baie nodig het, is deur hulle geïdentifiseer. Van die kinders is verstandelik gestrem of het ’n hartdefek. TC Newman het ook die mediese toerusting vir die operasies verskaf.

Drs. Gunter Mouton en Fadiel Allie, tandartse van Paarl, en drs. Elzé Lerm en Jurie Prins, wat narkotiseurs is, het ook hul dienste gratis aangebied.

Cure Paarl het die teaters, sy geriewe en die verpleegpersoneel gratis verskaf.

Cure Paarl identifiseer elke jaar ’n gemeenskapsprojek saam met ’n spesifieke instansie om vir diegene wat nie mediese sorg kan bekostig nie, die geleentheid te gee.

“Toe Cure Paarl ons nader met hierdie projek het ons dit aangegryp. Die wagperiode vir teater by TC Newman is drie tot vyf maande en die kinders wat ons gekies het, het dringend tandheelkundige behandeling nodig. Hierdie kinders het verskeie mediese toestande en mondgesondheid is uiters belangrik. Ons is ook dankbaar vir dr. G. Mouton en dr. F. Allie, dr. Prins, dr. Lerm en al die personeel van Cure Paarl wat hul dienste beskikbaar gestel het vir hierdie projek om hierdie kinders in nood te help. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Ons hoop dat dit nie die eerste en laaste projek is wat ons saam met Cure Paarl sal doen nie,” het dr. Melisca Scheffers, tandarts by TC Newman, gesê .• Cure-daghospitaal Paarl fokus op dagchirurgie en is deel van Cure Day Holdings Group van daghospitale in Suid-Afrika. Cure Paarl het ook ’n Raad van Gesondheidsdienste-akkreditasie van Suid-Afrika (Cohsasa) ontvang waarop hy baie trots is. Cohsasa is die enigste mediese vereniging wat internasionaal erken word om mediese geriewe van hoë standaarde te verseker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.