Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Damme die volste in jare; party loop oor

Die jongste gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is 75,3% – byna 10 persentasiepunte beter as verlede jaar op dieselfde tydstip en die hoogste vlak in jare.

Damme reg oor die provinsie het goeie toenames ervaar danksy ’n baie goeie winterreënvalseisoen, hoewel baie dele in die provinsie nog heelwat reën benodig.

Dit is grotendeels binne die landbougebiede in die Karoo-streke van die provinsie.

Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, sê die Bergrivierdam loop oor en die Theewaterskloof-dam, die grootste in die provinsie, is nou 94,6% vol.

“Dit was wonderlik om die afgelope week te sien hoe ’n paar van Clanwilliam-dam se sluise oopgemaak is om die dam se watervlak, wat bo 102% vol was, te verlaag. Slegs ’n maand of twee gelede was die dam minder as 20% vol.

“In die stad Kaapstad gebruik inwoners steeds baie minder water as jare voor die droogte, wat ’n goeie teken van verantwoordelike waterverbruik is. Hierdie laer verbruik het damme ook help herstel.”

Die publiek word steeds gevra om water spaarsamig te gebruik om sodoende ’n kultuur van waterspaar te kweek.

’n Besluit sal volgende maand (Oktober) geneem word om te bepaal of die waterperk, wat tans op vlak 1 is, gaan voortduur asook om weer na watertariewe te kyk.

Goeie reën word ook weer voorspel vir volgende week, wat damvlakke verder kan laat styg aan die vooraand van die lang, droë somermaande.

Die huidige stand van opgaardamme in die gebied is:

Voëlvleidam 92,8% (2019: 87,7%)

Bergrivierdam 100,7% (2019: 98,7%)

Theewaterskloofdam 94,6% (2019: 72%)

Wemmershoek 94,2% (2019: 89,8%). Due to very good rainfall this winter, the dam levels across the Boland and Cape Town areas are looking at their best in many years, with Theewaterskloof dam, the biggest in the province, at 94,6%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.