Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankbaar vir uitspraak teen verkragters

As kommentaar op die nuus oor die skuldbevindings van beide seksuele kindermishandeling-sake (Abrie Wentzel, voormalige musiekonderwyser by Laerskool Noord-Eind en Eugene Newman, voorheen by Charleston Hill Sekondêr) wil die Drakenstein Kinderbeskermingstuurgroep graag hul stem op die volgende manier bysit:

“Ons is dankbaar as wanneer geregtigheid vir kinders wat seksueel misbruik is, seëvier. Ons gee diepe erkenning aan kinders wat deur hierdie tipe trauma is en steeds moedig vorentoe kom en dan volhard deur al die uitdagende prosesse van die regstelsel.

“Ons gee ook applous aan alle rolspelers wat so hard werk om kwaliteit dienste aan kinders te lewer, sodat hulle kan herstel van trauma. As ’n kinderbeskermingsnetwerk, sien ons uit om nóg nouer saam met verskillende rolspelers te werk om die kinderbeskerming- stelsel in die beste belang van kinders te versterk. Saam kan ons werklik ’n verskil maak.”

- Mariëtte Jacobs, Projekbestuurder van die Drakenstein Kinderbeskermingsbestuursgroep (moontlik gemaak deur Valcare) en Besturende Direkteur van Ezrah Community Training and Development.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.