Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
De Poort sal in 2019 vorentoe beweeg

Die toekoms van De Poort was die afgelope weke onder druk bespreking.

De Poort se direksie asook die munisipaliteit wat die perseel in Suider-Paarl besit, kyk nou met erns na die toekoms en volhoubaarheid van hierdie toerisme-eenheid.

De Poort is in 2005 geskep toe ’n handvol Paarl-historici se droom begin bewaarheid word het om ’n historiese dorpie te vestig wat op Paarl se ryk geskiedenis van die perdekarbedryf gefokus is. Die grond op die hoeke van Hoof-, Turk- en Pinestraat is immers geleë by die ingang van die Paarl en daar is gehoop dat dit ’n gewilde toerismebestemming sou wees.

Maar sedertdien het die droom om De Poort tot so ’n besienswaardigheid te ontwikkel, aan skerwe gelê.

Nie net het die historiese dorpie nie die nodige toerisme-aandag gelok nie, maar keer op keer is daar kop gestamp met die munisipaliteit.

Munisipale skuld het opgehoop omdat genoegsame geld nie gegenereer kon word nie en in ’n stadium het die munisipaliteit wel die hekke van De Poort gesluit.

En kort-kort dreig die munisipaliteit om hul kontrak met De Poort te beëindig en die grond terug te neem vir ander gebruik.

Maar, sê Cas van Wyk, voorsitter van De Poort, dinge is vinnig aan die verander ná baie positiewe samesprekinge onlangs met die munisipaliteit.

Hy het verder gesê dat die verskeie rolspelers nou om dieselfde tafel sit en vroeg volgende jaar (2019, sal die breedvoerige planne oor De Poort se toekoms aangekondig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.