Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die bal weer aan die rol

Dit was met groot teleurstelling dat die Paarl-interskole sowel as vele ander tradisionele rugbykragmetings hierdie jaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is.

Die Paarl-interskole tussen die Hoër Jongenskool Paarl en Hoërskool Gimnasium Paarl is een van die grootste skolesportwedstryde in die wêreld en is die afgelope 105 jaar amper elke jaar gespeel.

Dit is ook die enkele grootste gebeurtenis in die Paarl en bring derduisende rande uit toerisme-inkomste die dorp in.

Die kragmeting tussen dié twee reuse vind reeds sedert 1915 plaas. En in dié tyd was daar net een jaar toe die kragmeting nie kon plaasvind nie – in 1928 weens tegniese redes. ’n Wedstryd tussen die twee skole het wel daardie jaar plaasgevind, maar nie onder die interskole-vaandel nie.

Die goeie nuus is dat die bal reeds aan die rol is vir volgende jaar se interskole en ander kragmetings.

Daar moes egter ’n paar veranderings aangebring word in die tradisionele interskole-program.

Sedert die ontstaan ??hiervan was die botsing tussen die twee skole se eerste rugbyspanne op die eerste naweek van Augustus.

Die Britse en Ierse Leeus toer volgende jaar in Suid-Afrika en op dié dag speel hulle teen die Springbokke by die Kaapstad-stadion.

Die skole het dus gemeen dat dit ’n botsing van belange sou wees en die wedstryd is na Saterdag 14 Augustus verskuif.

Hierdie versoek is gerig nadat ’n gesamentlike vergadering tussen HJS, Gim en die WP-rugbyunie gehou is.

Die voorstel is gemaak ná ’n spesiale versoek van die WP-rugbyunie wat wou verhinder dat twee groot rugbywedstryde op dieselfde Saterdag in die WP sal plaasvind.

Die tweede naweek in Augustus was ongelukkig ook nie ’n opsie nie omdat die reeds geskeduleerde o.16-hokkietoernooi deur Gimnasium Paarl aangebied word.

Teen die derde naweek in Augustus speel die o.19-Bokkies gewoonlik reeds hul eerste internasionale wedstryde.

Die beskikbaarheid van Faurestraat was ook ’n uitdaging aangesien minstens twee verdere derby’s hier beslis word ná die tradisionele Paarl-interskolewedstryd.

Verder was die datums van die interskole uitgelewer aan moontlike wysigings aan skoolkwartale gegewe die voortslepende impak van die Covid-19-pandemie op die datums waarop skole vanjaar sou sluit en weer volgende jaar sal open.

Ná gesprekke met Klein Nederburg en New Orleans het hulle ingestem om hul derby van 14 Augustus na 31 Julie te verskuif.

“Daarvoor is ons die onderskeie skole baie dankbaar,” het Gim en HJS in ’n gesamentlike verklaring gesê.

Ná vele onderhandelings met verskeie partye het SA Rugby, by monde van Yusi Jackson, die skole uiteindelik ingelig dat hulle ’n groen lig vir 14 Augustus kry en dat hulle die junior Bokkies eers Sondag 15 Augustus vir die internasionale o.18-reeks sal nader trek.

Daar is ook besluit dat Gimnasium Paarl die gasheer van die 2021-interskole sal wees aangesien HJS en die Hoër Meisieskool wel in 2020 die geleentheid gehad het om al die somersporte se interskolebyeenkomste aan te bied.

. Paarl Interschools will be taking place next year, but two weeks later than usual.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.