Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié kinders Ligstraal se groot kommer

Die onderwysers van ’n skool vir gestremde kinders in Paarl-Oos is nie net passievol oor hul werk nie, maar is dikwels bekommerd oor die welsyn van hul leerders sodra hulle die skoolperseel verlaat.

Dit kom nadat ’n 17-jarige verstandelik gestremde leerder van Ligstraal Skool onlangs die ysige koue in die donkerte op soek na kos moes trotseer.

Bekommerde gemeenskapslede van Wellington het die kind in die strate gesien en die voorval op sosiale media gemeld.

Dit het behoorlik hieroor gegons.

Dit is dieselfde leerder wat voorheen talle kere deur gemeenskapslede aangerand is.

’n Bekommerde onderwyser, Judie Claasen, vertel: “Hierdie leerder is al deur ’n voertuig gestamp en met verskeie voorwerpe oor die kop geslaan.”

Volgens nog bekommerde onderwysers, by wie die voorvalle talle kere aangemeld is, krap die leerder oor naweke in dromme op soek na kos.

“Hy is ’n baie spontane kind wat daarvan hou om grappies te maak. Hy sal selfs honde terg en dieselfde geluide maak,” vertel Claasen.

In nog ’n voorval by die skool is ’n 13-jarige meisie vermoedelik deur haar ouers verwerp.

Onderwysers vertel dat hierdie leerder soms ’n hele kwartaal afwesig is voordat sy weer haar verskyning by die skool maak.

“Gemeenskapslede het die skool laat weet dat die kind snags laat buite haar huis ronddwaal sonder dat iemand na haar soek,” sê Claasen.

By Ligstraal Skool word onderrig aan 270 leerders met spesiale behoeftes gebied.

As deel van die skool se uitreiking tot die ouers het die skool voorheen ’n kursus aangebied wat sowat R10 000 beloop het om van die ouers beter in te lig.

“Maar slegs tien van die ouers – betroubare ouers wat hul kinders goed versorg – het by die kursus opgedaag,” verduidelik Claasen.

Claasen vra die publiek se hulp om nie aanmerkings teenoor hul leerders te maak of hulle te boelie nie.

“Baie van ons kinders word geterg omdat hulle by Ligstaal skoolgaan.

“Baie word ook deur die gemeenskap misbruik.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.