Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié ‘renbaan’ is onwettig

Klokslag elke Sondag word ’n oop stuk grond langs die Swawelstertpad naby Klein Drakenstein in ’n renbaan omgeskep.

Dan is dit vir die res van die dag tot diep in die nag net ’n kakofonie van skreeuende bande en brullende enjins wat deur die vallei weerklink.

Dit het nie net in ’n reuse-steurnis vir nabygeleë inwoners ontaard nie, maar hierdie onwettige aktiwiteite is uiters gevaarlik.

Dié renne lok op een dag maklik 200 mense. Hulle staan om die ovaalbaan – baie naby aan die motors wat “spin” en jaag, sonder enige veiligheidsmaatreëls, en dit in die tyd van die huidige pandemie, waartydens hulle alle Covid-19-regulasies oortree.

Die Drakenstein-munisipaliteit sê hy is bewus van die onwettige byeenkomste en het die eienaar reeds ’n waarskuwing en ’n boete hieroor gegee.

Gerald Essau van die munisipaliteit sê ’n vergadering is met die organiseerders sowel as die grondeienaar gehou, wat hulle daartoe verbind het om die situasie te besleg.

Volgens Esau was dit die afgelope drie weke stil op die renbaan en die situasie word deurgaans gemonitor.

Verlede naweek het die wiele egter weer ge-spin en die enjins gebrul. Paarl Post beskik oor fotografiese bewyse hiervan.

Kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die polisie slaan gereeld saam met die munisipale wetstoepassings-afdeling op onwettige straatrenne toe.. An illegal racing track on municipal land in Klein Drakenstein is a bone of contention to many, as well as a highly dangerous activity for all involved.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.