Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diefstal tref kerke in vallei

Die Drakenstein-gebied gaan weer onder groot- en kleinskaalse diefstal gebuk wat inwoners duisende rande uit die sak jaag.

Kerkgangers is Sondag 16 Februarie geskok gelaat toe ’n Nissan 1400-bakkie uit ’n parkeerterrein by ’n kerk in Noorder-Paarl gesteel en ’n ander voertuig se skakelaar in ’n poging om dit te steel, beskadig is. Die voorvalle het tydens die erediens plaasgevind.

Verder is Wellington se Moederkerk in die vroeë oggendure van 5 en 6 Februarie in ’n inbraak geteiken. ’n Verteenwoordiger het vertel die diewe het op ’n onbekende manier by die kerkgebou ingebreek en verskeie artikels gesteel. Die geteelde goed het klanktoerusting, rekenaars en opknappingsgereedskap ingesluit.

Die kerk is die volgende dag weer geteiken, maar vanweë voorsorgmaatreëls ná die vorige aand se inbraak kon die boewe nie weer daarin slaag om die perseel binne te kom nie.

Hulle het telkens te voet gevlug en niemand is weens een van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Ander gevalle van diefstal is ook aangemeld en volgens Verena Hulme, ’n woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT, het hulle in Januarie op drie gevalle van kleinskaalse diefstal gereageer. Die voorvalle sluit gevalle in waar motorbatterye en -radio’s gesteel is, sowel as diefstal uit wingerde. Talle pogings om te steel is hokgeslaan. • Theft cases in the Drakenstein area are stacking up with various reports surfacing since the beginning of the year. Two churches and residences were targeted.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.