Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dís waarom jy

Die betaal-en-parkeerstelsel is jare lank reeds ’n twispunt in die Paarl se middedorp.

Talle motoriste is omgekrap oor die betaling vir parkering in Lady Grey­straat – van Hoofstraat tot en met Versterstraat, en op Jan Phillipsplein.

Die stelsel is deur ADO Manufacturers geïmplementeer en sy parkeerkonsultant, Adrian Oosteberg, voer aan die maatskappy se doel is nie om geld te maak nie.

“Die betaal-en-parkeerstelsel is daar om die voertuigvloei deur die dorp te beheer. Die kern van die Paarl het 200 parkeerplekke. Op ’n goeie dag kry ons 1 500 voertuie deur die parkeerplekke. As daardie parkeerwagte nie daar was nie, sou jy 200 motors kry wat die hele dag op die parkeerplekke staan.”

Dít, vertel Oosteberg, sal ’n probleem skep vir motoriste wat wil inkopies doen en ook vir ondernemings wat klante sou verloor wat eenvoudig na ander winkelsentrums sal gaan.

Voertuie se registrasienommers word in handtoestelle ingevoer asook die tydperk wat die motoris wil parkeer. Parkering kos R2 vir die eerste 15 minute, R5 vir 15 tot 30 minute en vir 30 minute tot een uur sal dit motoriste R10 uit die sak jaag.

Oosteberg verduidelik waarom die tarief van R6 tot R10 per uur moes styg.

“Paarl se tarief was vir minstens vyf jaar R6 per uur. Dit is nie ge­noeg om die salarisse van die parkeer­beamptes en toesighouers, sowel as die toerusting en administrasie te dek nie. Jy kan nie ’n doeltreffende parkeer­beheerstelsel bestuur as daar nie genoeg finansiële dekking daarvoor is nie.”

Plaaslike parkeerwagte wat deur die polisie goedgekeur is, is in beheer van hierdie handtoestelle wat die parkering monitor. Hulle word ’n basiese salaris plus kommissie betaal.

Talle van hierdie beamptes is matrikulante wat andersins nie ’n inkomste sou hê nie.

“Hoewel die meerderheid betaal, is daar daagliks mense wat dit nie doen nie,” sê een van die parkeerwagte wat kies om anoniem te bly.

Nog ’n parkeerbeampte, Nicolene Gordon, vertel van die veiligheids­voordele wat hul diens vir die publiek inhou. “Eendag het ’n vrou iets by Roman’s gaan koop toe ’n dief haar foon in haar kar gesteel het. Een van ons het die skelm gesien en hom dadelik agtervolg.”

Gordon vertel dat hulle ook toeriste gereeld teen OTM-bedrog waarsku. • Paid parking is here to stay, but it is now better controlled than ever before.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.