Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
DM hou ogie oor haweloses

PAARL – Die Drakenstein-munisipaliteit het kort nadat die nasionale Covid-19-inperking aangekondig is, tydelike skuiling aan haweloses in die dorp voorsien.

Hiervoor is die Wellington-stadsaal, Paarl-Oos se Thusong-sentrum en die Hugenote-gemeenskapsaal gebruik om sowat 200 haweloses te huisves en hulle van seep, water, komberse en daaglikse maaltye te voorsien. Die munisipaliteit het intussen probeer om van die haweloses met hul families te herenig.

“Namate die inperkingsvlak verlaag is en die ekonomie weer grotendeels aan die gang gekom het, het die munisipaliteit die haweloses die keuse gegee om na ’n nuwe tydelike skuiling te verhuis of die skuilings te verlaat,” verduidelik Gerald Esau, namens die munisipaliteit.

“Ons het die haweloses, wat aangedui het dat hulle na die nuwe tydelike skuiling wil verhuis, Woensdag 15 Julie na die munisipaliteit se Antoniesvlei-oord geskuif. Van die altesaam 136 haweloses wat by die drie skuilings oor was, is 48 na Antoniesvlei geskuif waar hulle drie daaglikse maaltye en koffie en tee ontvang, en daaglikse programme en ontspanningsaktiwiteite vir hulle aangebied word.”

Esau sê die munisipaliteit gaan voort om die haweloses met hul families te probeer herenig en help hulle om aansoek te doen vir identiteits­dokumente.

“Maatskaplike werkers doen elke week onderhoude met die haweloses. Ons doelwit is om hulle volledig by die samelewing te herintegreer as deel van ons Operation Reconnect.

Voltydse personeel van die munisipaliteit se gemeenskaps­ontwikkeling-afdeling beman en bestuur die tydelike skuiling by Antoniesvlei en hou sewe dae per week toesig oor die haweloses.

“Ons personeel pas al die vereiste Covid-19-gesondheidsmaatreëls en -protokol toe terwyl hulle dit self ook nakom. Dit sluit onder meer in sifting, mense se temperatuur meet, toesien dat mense veilige afstande handhaaf, maskers dra, wat verpligtend is, en hande was. Indien ’n hawelose enige simptome vir griep en verkoue toon en ’n hoë koors het, sal die munisipaliteit hierdie individue na die naaste hospitaal of kliniek neem om getoets te word.”

Hy sê drie veiligheidswagte is ook 24 uur aan diens om te verseker dat die haweloses buite die oord beweeg nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.