Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dokter eis antibiotika in plek van dieetpille

’n Wellingtonse egpaar is woedend nadat ’n dokter in Paarl glo vir hul 13-jarige dogter dieetpille gegee het, maar dit van hul mediese fonds as antibiotika probeer eis het. Die paar wil nie geïdentifiseer word nie omdat hulle polisielede is.

Die 13-jarige is die man se dogter uit ’n vorige verhouding. Sy is ook op Polmed as ’n afhanklike, maar die egpaar sê dit is nie die probleem nie. “Wat my ontstel is dat die dokter vir een soort medikasie kan eis en dan dieetpille oor sy eie toonbank weggee,” sê die stiefma.

“Ek het ’n e-pos gekry wat sê dat my man by dié dokter is, maar ons gaan nooit na hom toe nie. Toe bel ek [my man] om te hoor hoekom hy daar is en wat fout is, maar hy het gesê hy is by sy werk,” vertel die verbaasde vrou.

Die egpaar het toe die spreekkamer gebel om te hoor wie daar was. Die vrou sê die spreekkamerpersoneel het verduidelik dat hulle ’n fout gemaak het en dat hulle dit sal regstel. “Ná twee weke het hulle nog niks gedoen nie,” vertel sy. Die spreekkamer het toe later bevestig dat dit die man se dogter was wat die dokter besoek het.

“Ons het Polmed laat weet van die vervalste eis en hulle het dit teruggetrek, maar die dokter het dit weer probeer eis,” vertel die vrou. Sy sê die dokter hou nou haar man aanspreeklik vir die betaling vir die medikasie.

Paarl Post het die dokter gebel en hy het verduidelik die meisie weeg 100 kg “wat abnormaal is vir haar ouderdom”. Die dokter het verduidelik dat hy die toestemming van die meisie se ma gekry het om die medikasie vir haar voor te skryf. Hy sê hy het in die belang van die pasiënt opgetree omdat hulle nie die geld gehad het om uit hul sak vir die medikasie te betaal nie.

Hy het gesê die medikasie wat hy gegee het, kos presies dieselfde as die antibiotika waarvoor hy geëis het. Toe Paarl Post hom vra of dit aanvaarbaar is om dit so te doen, het hy gesê dit is omdat hy in die belang van die pasiënt opgetree het.

“As hulle geld gehad het, sou ek dit nie gedoen het nie.”

Polmed het geweier om met Paarl Post te praat en het verkeerdelik die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting vir hul ondeursigtigheid voorgehou.

. A Wellington couple is furious after a doctor in Paarl gave their daughter (13) pills for weightloss and tried to claim it from their medical aid as antibiotics. The doctor stood his ground stating he acted in the best interest of the patient.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.