Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dowe Paarliet vol passie vir kinders en drama

Niks kan die 22-jarige Ilzé Aaron van Paarl keer om haar droom te verwesenlik om eendag met kinders wat doof is, soos sy, te werk nie.

Dié onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch het haar gehoor skielik verloor toe sy maar net nege jaar oud was. Nadat haar familie opgelet het dat sy baie anders praat as die res van die kinders het haar ma haar vir gehoortoetse na Tygerberg-hospitaal in Parow geneem.

Jong Ilzé se gehoorgestremdheid is by die hospitaal bevestig. Om die bietjie gehoor wat sy nog oorgehad het te verbeter, het Ilzé toe begin gehoortoestelle dra.

“Dit was ’n groot uitdaging. Ek moes ’n aanpassing maak aan hoe ek gaan hoor en hoe ek gaan praat,” sê Ilzé.

Sy vertel toe sy begin gehoorapparate dra, was dit nogal oorweldigend toe sy weer moes begin leer om te praat, die voëltjies hoor fluit, die gesuis van voertuie hoor en mense wat rondom haar gesels.

“Ek moes myself verwyder en dan moet ek weer van voor af begin om alles te kan hoor op een slag.”

Nadat sy graad 7 by Nederburg Primêr voltooi het, het Ilzé by die Hoërskool Labori aangesluit. Hoewel onderwysers alles probeer het om lesse meer inklusief vir haar te maak, kon sy nie bybly nie.

In 2012 het Ilzé besluit om na De la Batskool vir Dowes in Worcester te skuif waar sy Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) binne drie maande geleer het.

“Ek het ná matriek as ’n onderwyser-assistent by die Dominikaanse Skool vir Dowes Wittebome gewerk, waar ek heelwat geleer het oor onderwys vir dowe kinders,” sê Ilzé.

Eendag uit die bloute het De la Batskool haar gekontak en gevra of sy dalk belangstel om verder te gaan studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy was eers onseker, maar nadat sy die aanbod goed deurdink het, het Ilzé besluit om die geleentheid voluit aan te gryp.

Op ’n vergadering met die universiteit om haar voor te berei vir klasse en om haar kommunikasiebehoeftes aan te dui, het sy nog ’n dowe student, Imran Bodalaji, ontmoet. Aangesien hulle albei onderwys saam begin studeer het, erken sy dat sy minder alleen gevoel het.

Volgens Ilzé is daar nie plek vir “selfbejammering” in haar woordeskat nie.

Sy hou ook nie daarvan dat mense jammer vir haar voel net omdat sy nie kan hoor nie.

“Wel, soos ek voel is elke mens uniek en is daar niks wat my anders laat voel nie.”

In die Maand vir Dowes het Ilzé ook ’n sterk boodskap vir ander dowe jeug: “Maak nie saak wat jou omstandighede is nie, jy kan uitstyg en ’n verskil maak. Moenie laat iemand jou anders laat voel as die mens wat jy is nie. Jy is uniek en jy is wie jy is. Moet nooit opgee nie.”

Wanneer sy gradueer, wil Ilzé graag verder gaan studeer en navorsing doen wat meer gerig is op onderwys vir dowes.

Sy toon ook groot belangstelling in drama en wil graag ander mense soos haarself inspireer om akteurs te word.

In die volgende vyf jaar sien sy haarself in ’n klaskamer met leerders wat gehoorgestremd is.

Sy hoop ook dat gebaretaal teen daardie tyd erken sal word as die 12de amptelike taal in Suid-Afrika.

Oor die vermoëns van ’n dowe mens voeg Ilzé by: “Deaf [people] can do anything, except they cannot hear.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.