Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drakenstein omhein parke

Die Drakenstein-munisipaliteit is tans besig om al 211 van sy speelparke te omhein en op te knap – soos wat die geld dit toelaat.

“As deel van die munisipaliteit se strategie om Drakenstein se parke op te knap – dít sluit in die opgra­dering van speeltoerusting om ons kinders se veiligheid te verseker – word heinings opgerig,” sê Gerald Esau, uitvoerende direkteur van die munisipaliteit se gemeenskapsdienste.

Die munisipaliteit meen die veiligheid van mense en kinders, wat die parke gebruik, word op dié wyse verseker en die munisipale bates word dan ook terselfdertyd beskerm.

“Ons parke loop ongelukkig onder vandale deur wat meebring dat dwelmgebruikers en ander ongewenstes toegang tot die parke kry en kinders se veiligheid in die gedrang kom,” voeg Esau by.

Al die parke sal nie op een slag omhein word nie, maar wel wanneer die nodige geld beskikbaar gestel word. Buiten die omheining sal daar ook hekke aangebring word vir ekstra veiligheid.

“Waar omheinings reeds aangebring is, is hekke in oorleg met die gemeen­skap opgerig sodat dit nie die publiek se beweging belemmer nie,” sê Esau.

Die oop- en toesluit van die hekke sal deur ’n lid of lede van die verskil­lende gemeenskappe bestuur word.

“Dié hekke word deur die inwoners van aangrensende eiendomme gereguleer of deur ’n ‘park buddy’ (deel van die uitgebreide program vir openbare werke) wat deur die gemeenskap aangestel is.”

Vir nog inligting oor die uitgebreide program vir openbare werke, skakel die munisipaliteit by 021 807 4500.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.