Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drankwinkel word geteiken

FRANSCHHOEK – ’n Drankwinkel in Groendal is onlangs helder oordag deur gewapende rowers geteiken.

Sers. Marize Papier, ’n woordvoerder van die Franschhoek-polisie, sê die roof het Woensdag 2 September om 11:35 by Dals Welcome Inn Liquor Store plaasgevind.

Terwyl die personeellede besig was om ’n aflewering van SAB te ontvang, het verdagtes in ’n grys Honda en wit Volkswagen Polo op die toneel verskyn.

Volgens Papier het die verdagtes die bestuurder by die hoofingang gedreig en wou hom in die voertuig laai.

“Gelukkig kon die bestuurder uit die struweling ontsnap en het die vrou by ontvangs gevra om die polisie te bel,” het Papier gesê.

Daarna het die verdagtes van die toneel gevlug.

Polisielede van Franschhoek en omliggende polisiekantore is ontbied en kon met behulp van kringtelevisiekameras die voertuie opspoor.

Drie verdagtes is in Bellville aangekeer, terwyl die wit Volkswagen Polo en grys Honda in Khayelitsha opgespoor is.

Die verdagtes het egter te voet gevlug.

Die polisie erken ook die “beduidende rol” wat eksterne vennote in die aankeer van verdagtes gespeel het.

. A liquor store in Groendal was recently – in broad daylight – targeted by armed robbers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.