Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie leerders sterf skielik

Drie leerders se plek in hul skoolbanke is skielik leeg nadat al drie in verskillende voorvalle die afgelope twee weke dood is.

Bergendal Primêr het Saterdag 25 Augustus ’n graad 7-leerder, Andrea Davids (12), aan die dood afgestaan toe sy skielik in die hospitaal opgeneem moes word. Die omstandighede rondom haar dood is steeds onbekend.

Maar volgens Cecile September, ’n onderwyser, was sy ’n uitnemende leerder en ’n sportuitblinker.

“Sy was skitterend in haar skoolwerk en het veral in atletiek en basketbal uitgeblink,” vertel September.

Op 26 Augustus is Newton Primêr se leerders geruk toe Jody Julius (5) skielik ’n koorsaanval gekry het.

Volgens haar graad R-onderwyser, Jacqueline Albertus, het Jody se ma vir haar ’n boodskap gestuur om te sê dat sy met Jody op pad is hospitaal toe.

Die meisie is toe van die Paarl-hospitaal af na Tygerberg-hospitaal se waakeenheid oorgeplaas.

“Tot my skok het haar ma omstreeks 20:30 laat weet dat Jody nie uit haar koma herstel het nie,” sê ’n geskokte Albertus.

Albertus en Jody se klasmaats sal haar altyd onthou as die sonstraal in die klas.

“Haar plek is nou leeg, maar ons sal haar altyd onthou vir die lieflike, spontane kind wat sy was.

“Sy was altyd lief om vir my ’n drukkie te gee en dit gaan ek baie mis,” vertel Albertus.

In nóg ’n voorval is Albanice Minnaar (15), ’n graad-10 leerder by Klein Nederburg Sekondêr, Maandag (27 Augustus) ook skielik oorlede.

Volgens haar ma, Jolene Minnaar, het Albanice vroeër vanjaar skielik siek geword en het sy die afgelope twee maande en nege dae in die hospitaal deurgebring.

“Ek berus my daarin dat die Here haar kom haal het, want sy het te veel gely.”

Jolene beskryf haar dogter as ’n “intelligente en liefdevolle sonstraal-kind”.

Albanice was sportief en het netbal op skool gespeel. Haar familie sê sy sal gemis word vir haar spontaneïteit asook haar lekker breyani.

Intussen het Klein Nederburg ook hul medelye uitgespreek.

“Die skool is geruk deur haar afsterwe. Haar maats is baie hartseer en ons gaan haar baie mis. Sy was ’n staatmaker en een van ons lieflingkinders.”

’n Gedenkdiens vir Albanice word vanaand 19:00 by Klein Nederburg Sekondêr gehou. Haar begrafnis is Saterdag (8 September). Besigtiging is 11:00 by die skool en 12:00 by Ascension Anglican kerk, Keerweerderpad.

Albanice laat haar ma en pa, Willem, asook twee broers en drie susters agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.