Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie vas weens perlemoen

PAARL – Die polisie het vandeesweek weer op ’n groot hoeveelheid onwettige perlemoen beslag gelê.

Polisielede het Dinsdag 23 Junie omstreeks 13:00 ’n vragmotor op die N1 naby die Hugenote-tonnel voorgekeer.

’n Polisiewoordvoerder sê die lede het inligting ontvang dat hierdie voertuig onwettig perlemoen vervoer het.

Toe die polisie die voertuig deursoek, het hulle op 14 855 gedroogde perlemoene afgekom wat in bokse onder aartappels versteek was. Twee mense is in hegtenis geneem.

Lede van die Paarl-polisie se Pops-eenheid het Vrydag (19 Junie) ’n man in hegtenis geneem – ook vir die onwettige vervoer van 5 576 eenhede perlemoen.

Mihlali Majikela, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê lede is in kennis gestel dat ’n wit Opel Corsa-bakkie op pad Kaap toe is met onwettige perlemoen.

Toe die polisie die voertuig opspoor, het die bestuurder stilgehou, uit die bakkie geklim en te voet van die toneel probeer vlug.

Die lede het op altesaam 5 576 perlemoene beslag gelê en die verdagte, ’n 27-jarige man, is daarna in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting binnekort in die hof op aanklag van die onwettige vervoer van perlemoen verskyn.

Die polisie het ook Dinsdag 2 Junie op onwettige perlemoen ter waarde van R4 miljoen by ’n woning in Noorder-Paarl afgekom.. Paarl police have confiscated more than 20 000 abalone which were most probably poached in the past week.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.