Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dwelms in Klapmuts gekry

Die polisie in Klapmuts het drie verdagtes tydens ’n klopjag in hegtenis geneem ná hulle waardevolle inligting van die gemeenskap ontvang het.

Die verdagtes is Donderdag 13 Februarie om 15:00 in ’n informele nedersetting in Mandelapark vasgekeer. Hulle is as Siceb Boyce (30), Yondela Boyce (27) en Sakumzi Ntsunguzi (25) geïdentifiseer.

“Met ondersoek het die polisie ’n klein plastiese sakkie met 43 gram tik, 231 klein pakkies tik, 30 Mandrax-pille, drie halwe Mandrax-pille en 350 pakkies met dagga gevind. Alles met ’n straatwaarde van sowat R15 800,” sê polisiewoordvoerder kapt. Basil Seekoei.

Die verdagtes het op 14 Februarie in die Paarl-landdroshof op ’n aanklag van dwelmhandel verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.