Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Een van Boland se oudste kroeë oorleef

Een van die Paarl se gewildste watergate asook een van die oudstes in die Boland, die Crown Bar, hou in die Covid-19-krisis nog net-net kop bo water.

Hennie Volschenk, die huidige eienaar van die kroeg, sê woorde kan nie die verliese wat sy onderneming die afgelope maande ervaar het, beskryf nie.

Soos met alle soortgelyke ondernemings wat hoofsaaklik op die verkoop van drank staatmaak, is die Crown Bar se lang houttoonbank leeg en sonder die gereelde klante wat ’n drankie ná werk kom geniet, of naweke kom rugby kyk.

Met vlak 5 en 4 van die inperking was die kroeg se deure geheel en al toe, maar sedert vlak 3 was daar effe verligting toe Hennie die kenmerkende swaaideure van die kroeg in Paarl se Hoofstraat kon oopsluit vir toegang tot die dobbellokaal en om etes te verskaf.

“Hoewel ek gedwing is om allerhande kostebesparings te bedink, het ek steeds al my werknemers aangehou, hoewel hul werksure gesny moes word,” sê Hennie.

Die Crown Bar het ’n ryk geskiedenis in die Paarl. Die kroeg het sy deure op 20 Januarie 1896 geopen.

Richard Fleitman, eienaar van die Crown in die 1990’s, het baie goeie herinneringe van daardie dae. Toe het die kroeg ’n uitstekende kosmaker gehad en talle sakemanne van die dorp het gereeld middae daar gesmul aan geregte soos afval en beesstert.

Richard vertel van ’n dag toe die kroeg die middag redelik vol klante was. Dit het buite gestortreën toe ’n man instap en vra of hy sy perd kan inbring omdat dit so hard reën.

Richard het die man en die perd in die kroeg verwelkom waar hy ’n drankie geniet het terwyl die perd baie aandag gekry het.

Destyds was die Crown Bar die laaste kroeg in Paarl Hoofstraat, en het twee ou eikebome voor die kroeg gehad waarin ysterhake gekap was sodat die boere van Paarl-noord hul perde daaraan kon vasmaak terwyl hulle iets gedrink het voordat hulle die lang pad huis toe moes ry.

Hoewel dit nie bevestig kon word dat die Crown Bar die oudste kroeg in die land is nie, moes ander (ouer) kroeë hul deure tydens die wêreldoorloë sluit terwyl die Crown Bar oopgebly het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.