Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eerste vrou klap sweep as hoof by Klapmuts Primêr

Klapmuts Primêre skool in Klapmuts het sy nuwe hoof op 1 Oktober verwelkom.

Viyounnefer von Willingh (35) is die eerste vroulike skoolhoof by Klapmuts Primêr en sy volg Ronald Frans op, wat 25 jaar die skoolhoof was.

Von Willingh, ’n oudleerder aan die Hoërskool Kylemore, het haar B Ed-graad in 2008 aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi.

Sy vertel sy het haar loopbaan as onderwyser in 2008 by Klapmuts Primêr begin, waarna sy in 2018 as departementshoof bevorder is.

“Ek is die afgelope drie jaar ook ’n Master Information Communication Technology (ICT) -instrukteur by die Cape Teaching and Leadership Institute waar ek naweke en gedurende skoolvakansies kursusse vir opvoeders aanbied,” vertel sy.

Von Willingh het ek ook verskeie kortkursusse gedoen, waaronder MS Office – ICT-vaardighede vir onderwysers deur SchoolsNet SA (2010), doelgerigte leierskap en strategiese bestuur deur die Universiteit Stellenbosch (2016), Google vlak 1-opleiding deur Mido Technologies (2017), Educational Technology Integration for Teachers (opvoedkundige tegnologie-integrasie vir onderwysers) by die Universiteit van Kaapstad (2017) asook Computer Integrated Education deur die Universiteit van Pretoria (2018).

Met ’n leerdertal van 1 527 by Klapmuts Primêr sê Von Willingh haar visie is om elke leerder en opvoeder met die nodige vaardighede en ingesteldheid toe te rus om hul volle potensiaal te bereik.

“Ek wil verseker dat leerders toegerus is om ’n positiewe bydrae tot die samelewing en spesifiek hul eie gemeenskappe te lewer. Hierdie doelwitte/visie sal bereik word deur middel van die effektiewe implementering van integrasie van inligting- en kommunikasietegnologie binne die kurrikulum, kodering en robotika, die bevordering van drama en musiek asook ’n goeie balans tussen akademie, sport en kultuur.”

Om haar nuwe rol as skoolhoof midde-in die Covid-19-pandemie te vervul, sê Von Willingh dit is ’n groot uitdaging. “Die handhawing en implementering van veiligheidsmaatreëls en protokol is baie belangrik aangesien die veiligheid van die leerders en opvoeders my eerste prioriteit is. Spanwerk is van die uiterste belang om opvoeding so glad as moontlik in hierdie moeilike tydperk te laat verloop.”

By haar huis in Pniël, die dorp waar sy grootgeword het, is Von Willingh ook die ma van Mischa en Connor. Sy doen tans haar B Ed Hons in Computer Integrated Education aan die Universitiet van Pretoria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.