Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ek sal jou eers uitlos wanneer jy dood is’

Chalmane Kruger van Klapmuts het verlede week haar stilte oor teistering en seksuele aanranding verbreek en haar storie vir Suid-Afrika vertel.

Sy het met Paarl Post oor haar ervaring gesels en waarsku ander vroue om nie in dieselfde lokval te beland nie.

William Le Cordeur het Chalmane 12 jaar lank geteister ná ’n kort verhouding in 2006 terwyl hulle saam by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gewerk het. Kruger sê sy het toe al besef hul verhouding sou nie lank duur nie.

Dinge is op 2 Desember verlede jaar op die spits gedryf toe Le Cordeur vir Kruger seksueel aangerand het. Le Cordeur het die aand van die voorval onder die invloed van alkohol by haar huis opgedaag nadat hy saam met vriende televisie gekyk het. Sy het ingestem om saam met hom te ry omdat sy nie haar “doodsiek” ma wou steur nie.

“My dogter het hom ná 12 jaar vir die eerste keer in die hof gesien; ek het hom weggehou van my ma en my kinders af,” sê sy.

Le Cordeur is ’n oud-polisielid en is steeds verbonde aan die SAID se sake-intelligensie-eenheid.

Kruger sê sy het die saak eers twee dae ná die voorval gaan aanmeld, want sy was bang vir Le Cordeur omdat hy glo bande met die polisie het.

“Ek het hom daardie aand gevra ‘Hoekom kan jy my nie net uitlos nie?’ en hy het my in my oë gekyk en vir my gesê ‘Chalmane, ek sal jou eers uitlos die dag as jy dood is’,” vertel sy.

“Ek wou nie eens wraak neem met die hofsaak nie; ek wou net hê hy moet die boodskap kry, aangaan met sy lewe en my uitlos,” verduidelik Kruger. Sy sê hy het haar in ’n stadium verpletter.

Kruger het dit wel duidelik gemaak dat sy nie meer bang is nie en dat sy haarself nie as ’n slagoffer beskou nie. Die raad wat sy aan ander vroue wil gee, is om so gou as moontlik uit sulke omstandighede te kom. “Ek het só gehuil,” vertel sy, “maar my geloof het my daardeur gehelp.”

Le Cordeur is Maandag 18 Desember in hegtenis geneem en aangekla. Hy het verlede week in ’n pleitooreenkoms skuld beken op ’n aanklag dat hy gepoog het om ’n seksuele misdryf te pleeg. Hy is op 28 Augustus tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy moet ook sielkundige behandeling ontvang.

. An abused woman, Chalmane Kruger, broke her silence last week after being harassed for 12 years and sexually assaulted last year by William Le Cordeur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.