Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Enigste oorlewende eindelik uit hospitaal

Die enigste oorlewende van die botsing naby Napier in die Overberg, wat Paasmaandag landwyd opslae gemaak het, is ná meer as twee maande uit die hospitaal ontslaan en sterk by sy huis aan.

Lionel Bitterhout (58) was saam met sy oom Jan Bitterhout (82) en Ralph Roux (56) se gesin van Gansbaai na Paarl onderweg toe hulle in ’n botsing reg van voor betrokke was.

Lionel, wat die bakkie bestuur het waarin Jan en Ralph was, moes uit die wrak gesny word. Hy is per helikopter na die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal gehaas vir noodbehandeling.

Hy is onlangs uit die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal oorgeplaas na ’n plaaslike rehabilitasiekliniek waar hy aangesterk het.

Lionel is vandeesweek uit die rehabilitasiekliniek ontslaan en is nou tuis.

Jan en Ralph en nog ses lede van een familie van Kaapstad – ’n gesin en twee skoonouers – is op slag dood nadat die twee voertuie mekaar getref het.

Ralph se vrou, Sharon, en ander familielede het later Paasmaandag op die noodlottige toneel afgekom toe hulle na die mans gaan soek het.

Lionel se familie wou by navraag nie verdere kommentaar oor sy toestand lewer nie.• The only survivor of a collision on Easter weekend near Napier is back home more than 10 weeks after the horror crash.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.