Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Erfenisgebou tot niet

Een van die Paarl se oudste plaashuise in die Dal Josafat-gebied is heeltemal vernietig, ondanks menige onlangse pogings om die geskiedkundige gebou tot sy voormalige glorie te herstel.

Die Non Pareille-plaashuis het Saterdag 29 Junie, ná jare van verwaarlosing en vandalisme, byna tot op die grond afgebrand. Volgens Derrick Peceur, assistenthoof van die Drakenstein-brandweer, is die oorsaak van die brand nog onbekend.

“Die skade is te erg om te kan vasstel wat die brand veroorsaak het,” het Peceur gesê. Hy het ook gesê geen misdaad word vermoed nie.

Hy sê die brandweer is om 18:07 ontbied. “Die brand was binne ’n uur in bedwang, maar omdat die gebou ’n grasdak gehad het, was dit ’n bietjie moeiliker om te blus,” sê hy. Die laaste brandbestryders is 21:20 van die toneel af nadat die brand geblus is.

Die plaas van 42,8 hektaar het van 1694 aan ’n Hugenoot genaamd Pierre Vivier behoort wat van 1690 op die plaas gewoon het. Eienaarskap van die plaas het deur die jare verskeie kere verander totdat dit in 1804 in die uiteindelike besit van Jan Gysbert Hugo was. Die volgende oordrag is eers in 1866 aangeteken; gevolglik word vermoed dat die huis deur Hugo gebou is.

Die gebou, wat eens ’n spoghuis was, is in 1826 gebou en is in 2009 ’n erfenisgebou geproklameer. Die proklamasie het ongelukkig nie veel vir Non Pareille beteken nie aangesien die gebou sedertdien geplunder is. Die oorspronklike houtvloere en ingeboude kaste is opgekap, koperpype is uit die mure geruk en selfs stene in mure is uitgebreek en gesteel.

Die gebou het aan die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) behoort. Die agentskap het in Februarie aan Paarl Post gesê die beveiliging en restourasie van die gebou was ’n “topprioriteit”.

Die agentskap het ook gesê ’n oppasser is aangestel om na die perseel om te sien, maar het nie geantwoord toe gevra is waarom die oppasser onsuksesvol was om die gebou te beveilig nie.

Rolf Annas, voorsitter van die Drakenstein-erfenisstigting, sê hy is ontsteld oor die voorval en voer aan die SAEHA het sy plig om die erfenis te bewaar, versuim. “Hulle het toegelaat dat die gebou só erg verweer het en het nie die regte voorsorgmaatreëls getref om die geskiedenis te behou nie,” het Annas gesê.

Die SAEHA het teen druktyd nog nie op Paarl Post se navrae reageer nie.• One of Paarl’s oldest farmhouses in the Dal Josafat area has finally been destroyed by a fire on Saturday 29 June. The building was reduced to rubble due to vandalism and theft and despite of numerous attempts by local heritage organisations to restore the heritage site, the building is now in ruins.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.